Woord vir Vandag - 24 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 24 Januarie
“…julle is geroep om in vryheid te leef… gebruik dit om mekaar in liefde te dien.” Galasiërs 5:13 NLV
Wees lief en dien mekaar
In 1881, kort nadat Booker T. Washington die hoof van die Tuskegee Instituut in Alabama geword het, het hy verby die huis van ‘n welgestelde familie geloop. Die vrou van die huis het aangeneem dat Washington een van die tuinwerkers was wat haar man aangestel het en hom gevra of hy vir haar hout sou kap. Professor Washington het geglimlag, geknik, sy jas uitgetrek en die hout gekap. Toe hy die hout na die vrou se kombuis dra, het ‘n diensmeisie hom herken en na die vrou toe gehardloop om haar van sy identiteit te vertel. Die volgende oggend het die vrou in Washington se kantoor verskyn. Sy het oorvloedig om verskoning gevra en herhaaldelik gesê: ‘Ek het nie geweet dit is jy wat ek aan die werk gesit het nie.’ Washington het glimlaggend geantwoord: ‘Dis heeltemal in orde, mevrou. Ek hou daarvan om te werk en dit verbly my om gunste aan my vriende te bewys.’ Die vrou was so beïndruk met sy maniere en sy bereidwilligheid om te vergewe dat sy groot donasies aan die instituut gemaak het. Sy het ook baie van haar welgestelde vriende en kennisse oortuig om dieselfde te doen. Uiteindelik het Washington meer geld vir die instituut met hierdie een daad van houtkap ingesamel as baie ander fondsinsamelingsgeleenthede. Die Bybel sê: ‘…julle is geroep om in vryheid te leef… gebruik dit om mekaar in liefde te dien. Die hele wet is saamgevat in een opdrag: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’’ (verse13-14 NLV). Wat kan ons by Booker T. Washington leer? Twee dinge: 1) Elke saad van goedhartigheid wat jy saai, bring uiteindelik ‘n oes van seëninge in jou lewe mee. 2) Die manier om vooruitgang in die lewe te maak, is om ander mense lief te hê en te dien.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min