Woord vir Vandag - 23 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 23 Januarie
“Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het.” Hebreërs 10:36 NLV
Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg
In die vroeë 1950’s is Irwin W. Rosenberg, ‘n junior vlootoffisier, uit militêre diens ontslaan nadat hy met kanker gediagnoseer is – ‘n destydse standaard militêre praktyk. Die verlies van sy werk was nogal ‘n slag, maar hy was vasbeslote om beide sy gesondheid en sy werk terug te kry. Met geloof en vasberadenheid het hy die siekte wat probeer het om sy liggaam oor te neem, beveg. Op ‘n stadium is hy slegs twee weke gegee om te leef, maar uiteindelik is sy kanker onder beheer gebring. Irwin het toe sy aandag op sy begeerte om weer ‘n vlootoffisier te word, gevestig. Hy het egter ontdek dat regulasies die herindiensneming van ‘n persoon wat met kanker ontslaan is, verbied. Almal het vir Irwin gesê: ‘Gee op. Kongres sal eers ‘n nuwe wet moet maak voor jy weer in diens geneem kan word.’ Dit het hom ‘n idee gegee – hy sou Kongres nader om die wet te verander! Nadat hy maande lank aan deure geklop het en deur wetlike hoepels gespring het, het president Truman ‘n spesiale wetsontwerp onderteken wat Irwin toegelaat het om weer by die vloot aan te sluit. Raai wat het toe gebeur? Irwin W. Rosenberg het ‘n vlootadmiraal in die Verenigde State se Sewende Vloot geword! Die gesegde lui: ‘Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.’ Wanneer jy ‘n onwrikbare geloof het en jou wil in lyn met God se wil is, word alle dinge moontlik. ‘Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 35-36 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min