Woord vir Vandag - 22 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 22 Januarie
“…en eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV
Glo God vir groter dinge
Sommige mense dink dat ons nie veronderstel is om God vir te veel te vra nie; andersins is ons selfsugtig. God wil egter hê dat jy Hom moet vra. ‘…en eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.’ Wanneer jy nie vra nie, gee jy nie jou geloof vrye teuels nie. Jesus het gesê: ‘…Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur’ (Matteus 9:29 NLV). Jy moet leer om vrymoedige gebede te bid en van God groter dinge te verwag en te glo. ‘Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsies, die einde van die aarde as jou besitting’ (Psalm 2:8 NLV). Dis ‘n vrymoedige gebed! As God egter vir jou sê om dit te bid, is dit omdat Hy gewillig is om jou gebed te beantwoord. Jy mag dalk ‘n droom in jou hart hê, maar kan nie insien hoe dit ooit sal kan gebeur nie. Jesus het vyfduisend mense met vyf brode en twee vissies gevoed. Hy is ‘n God van vermenigvuldiging. Hy kan jou tyd vermenigvuldig en jou help om meer gedoen te kry. Hy kan jou wysheid vermenigvuldig en jou help om beter besluite te maak. Hy kan jou finansies vermenigvuldig: ‘God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei’ (2 Korintiërs 9:10 NLV). In plaas daarvan om met blote oorlewing tevrede te, wil God hê jy moet floreer. ‘n Oorlewingsmentaliteit sal jou van God se beste weerhou. Skud dit af en sê: ‘God, U het belowe dat U dit wat vir my skade sou beteken, tot my voordeel sal gebruik (sien Romeine 8:28). Ek mag dalk deur die vuur, die hongersnood en die vloed gegaan het, maar ek weet dis my tyd van guns. Dis my tyd om meer van u goedheid in my lewe te sien.’ Glo God vir groter dinge.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min