Woord vir Vandag - 21 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 21 Januarie
“Daarom… moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.” 1 Tessalonisense 5:11 NLV
Bou mense op
Om iemand op te bou beteken om hulle te versterk, aan te moedig en te motiveer. Daar is waarskynlik mense in jou lewe wat tans iemand nodig het om seën oor hulle uit te spreek. Jy weet nie hoeveel dit sal beteken wanneer jy hulle jou goedkeuring gee, vir hulle sê dat jy trots is op hulle en dat jy dink hulle groot dinge kan vermag, nie. Almal het iemand nodig wat hulle kan opbou. Watter tipe sade plant jy dus in jou kinders, in jou man of vrou, in jou vriende? Glo jy in hulle? Het jy dit al vir hulle gesê? Stel jy belang om hulle lewe te probeer verbeter? Het jy na hul drome geluister? Het jy uitgevind wat hulle glo God in hul harte geplaas het? Het jy hulle al verseker dat jy by hulle staan? Dis wat ‘n opbouer doen! Henry Ford is aan Thomas Edison voorgestel as ‘die man wat probeer om ‘n motor te bou wat op petrol loop.’ Toe Edison dit hoor, het hy gesê: ‘’n Motor wat sy eie kragbron het; dis ‘n briljante idee!’ Tot op daardie stadium het niemand Ford aangemoedig nie en hy het amper besluit om sy idee te staak. Toe het Edison egter ingegryp en geloof in sy idee gehad. Dit was ‘n beslissende oomblik in Henry Ford se lewe. Hy het gesê: ‘Ek het gedink dat ek ‘n goeie idee het, maar ek het aan myself begin twyfel. Toe kom een van die grootste denkers wat ooit geleef het en gee my sy goedkeuring.’ Jy verstaan nie die mag wat jy het of hoeveel dit beteken as jy vir iemand sê: ‘Ek glo in jou. Jy het wat dit verg. Ek is 100 persent by jou,’ nie.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min