Woord vir Vandag - 20 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 20 Januarie
“Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…” Matteus 5:12 AFR83
Jou beloning in die hemel
Die historikus Edward Gibbon het die vinnige vooruitgang van die Christendom in die dae van die Romeinse Ryk nagespoor en vyf redes daarvoor opgemerk: 1) Die ywer van die vroeë Christene. 2) Die krag van wonderwerke. 3) Die suiwer beginsels van die Christene. (4) Die kompakte kerkorganisasie. 5) Die geloof in toekomstige belonings. Die Bybel praat dikwels oor ons beloning in die hemel. Hier is ‘n paar voorbeelde daarvan: ‘Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…’ (verse 11-12 AFR83). ‘Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld’ (Matteus 16:27 AFR83). ‘…as enigiemand vir julle ‘n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom daarvoor beloon’ (Markus 9:41 NLV). ‘Laat niemand julle van jul prys beroof nie…’ (Kolossense 2:18 AFR53). ‘…Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het’ (Openbaring 22:12 NLV). Hier is die volgorde van gebeure: Die Here sal afkom aarde toe, die dooies in Christus sal opgewek word, die verlostes wat nog op aarde leef sal saam met hulle weggeraap word en ons sal ons verheerlikte liggame en ons ewige belonings ontvang. ‘…Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef – of dit standhou. Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word’ (1 Korintiërs 3:13-14 NLV). ‘…Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min