Woord vir Vandag - 20 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 20 Januarie
“Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…” Matteus 5:12 AFR83
Jou beloning in die hemel
Die historikus Edward Gibbon het die vinnige vooruitgang van die Christendom in die dae van die Romeinse Ryk nagespoor en vyf redes daarvoor opgemerk: 1) Die ywer van die vroeë Christene. 2) Die krag van wonderwerke. 3) Die suiwer beginsels van die Christene. (4) Die kompakte kerkorganisasie. 5) Die geloof in toekomstige belonings. Die Bybel praat dikwels oor ons beloning in die hemel. Hier is ‘n paar voorbeelde daarvan: ‘Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…’ (verse 11-12 AFR83). ‘Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld’ (Matteus 16:27 AFR83). ‘…as enigiemand vir julle ‘n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom daarvoor beloon’ (Markus 9:41 NLV). ‘Laat niemand julle van jul prys beroof nie…’ (Kolossense 2:18 AFR53). ‘…Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het’ (Openbaring 22:12 NLV). Hier is die volgorde van gebeure: Die Here sal afkom aarde toe, die dooies in Christus sal opgewek word, die verlostes wat nog op aarde leef sal saam met hulle weggeraap word en ons sal ons verheerlikte liggame en ons ewige belonings ontvang. ‘…Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef – of dit standhou. Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word’ (1 Korintiërs 3:13-14 NLV). ‘…Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min