Woord vir Vandag - 18 Jan 2026

Loading player...
Sondag 18 Januarie
“Die een wat opreg lewe, staan vas. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ‘n val.” Spreuke 10:9 NLV
Eerlikheid is die beste beleid
Ter voorbereiding van aandete het ‘n vrou by ‘n klein slaghuis gestop om vleis vir die ete te koop. Sy het besluit om gebraaide hoender as hoofgereg te maak. Sy het die man by die toonbank vir die grootste hoender wat hy het, gevra. Hy het na die koelkamer toe geloop, die laaste hoender wat hy gehad het gegryp en dit op die toonbank se skaal geplaas. ‘Hierdie een weeg twee kilogram, mevrou.’ Die vrou het ‘n oomblik daaroor nagedink en toe gesê: ‘Ek is nie seker of dit genoeg sal wees nie. Het u nie dalk ‘n groter een nie?’ Die man het die hoender terug na die koelkamer geneem, gemaak of hy deur die ys vir nog ‘n hoender soek en toe dieselfde hoender weer uitgebring. Toe hy die hoender weer op die skaal sit, het hy skelmpies met sy vinger ‘n bietjie druk op die skaal toegepas. ‘Aha,’ het hy met ‘n glimlag gesê, ‘hierdie een weeg amper drie kilogram!’ Die vrou het gefrons, ‘n paar somme in haar kop gedoen en gesê: ‘Ek is ook nie seker of dit genoeg gaan wees nie. Ek sê jou wat - draai hulle albei vir my toe!’ Daar is geen twyfel daaroor nie - eerlikheid is die beste beleid. Dis waar van hierdie lewe, sowel as die lewe wat kom. Die Bybel sê oor hierdie lewe: ‘Die een wat opreg lewe, staan vas. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ‘n val.’ Die Bybel sê ook die volgende oor die lewe wat kom: ‘Julle moet dus nie voortydig ‘n oordeel vel voordat die Here kom nie. Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring…’ (1 Korintiërs 4:5 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min