Woord vir Vandag - 17 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 17 Januarie
“En as daar onderlinge stryd in ‘n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!” Markus 3:25 NLV
‘n Gebed om konflik in die gesin op te los
‘Here, u Woord sê: ‘En as daar onderlinge stryd in ‘n huisgesin heers, kan daardie huisgesin dit tog nie oorleef nie!’ Satan val my familie aan en ek wend my tot U vir hulp. U Woord sê: ‘Wanneer die teëstander aanstorm soos ‘n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop’ (Jesaja 59:19 AFR83). Raak die harte en gedagtes van elke lid van hierdie familie aan en bring hulle nader aan U. U het gesê: ‘Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders’’ (Matteus 5:9 NLV). Ek verbind myself daartoe om ‘n vredemaker in hierdie situasie te wees en vra U vir die wysheid om te weet wat om te sê en te doen. Bevry my familie van selfsug, trots en bitterheid. Gee ons die soort liefde wat alle sondes en swakhede bedek (sien Spreuke 10:12). Help ons om te weet wanneer ‘n meningsverskil op die punt staan om ‘n sluis oop te maak en gee ons die genade om die saak te laat vaar voordat die rusie buite beheer raak (sien Spreuke 17:14). U Woord sê dat om ‘n geveg te vermy eerbaar is en dat net dwase rusie soek (sien Spreuke 20:3). Here, maak ‘n einde aan die twis wat verwoesting in ons familie saai. Ek neem gesag oor elke twisgierige gees. Ek vra U om my familie te help om dinge wat vrede bring en die dinge wat ons kan gebruik om mekaar op te bou en te versterk, na te streef (sien Romeine 14:19). U Woord sê dat daar niks te moeilik is vir U nie (sien Jeremia 32:17). Dus bid en glo ek vir genesing en herstel in my familie. In Jesus se Naam. Amen.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min