Woord vir Vandag - 16 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 16 Januarie
“…die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe.” Genesis 2:22 NLV
Hoe om te bid wanneer jy eensaam is
‘Vader, toe Adam eensaam was, het U Eva gemaak en haar na hom toe gebring. Ek sukkel met eensaamheid en net soos U geweet het wat Adam nodig gehad het, so weet U ook wat ek nodig het. U het in u Woord gesê: ‘…Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’ (Hebreërs 13:5 NLV). Daar is ‘n deel van my wat nooit deur enige verhouding behalwe deur een met U, bevredig of vervul kan word nie. U het my egter ook geskep om sosiaal te wees en interaksie met ander mense nodig te hê. Help my om enige negatiewe gedrag van my kant af te erken en gedrag wat kan veroorsaak dat mense my nie geniet en aanvaar nie, soos om krities, afgunstig, humeurig, veroordelend of onvergewensgesind wees, te stop. Gee my asseblief wysheid sodat ek sal weet hoe om gepaste woorde op die regte tyd te gebruik. Maak asseblief my ore oop om met ware begrip na hulle te luister (sien Jesaja 50:4). Help my om skaamte en die vrees vir verwerping te oorkom en om na ander uit te reik in die geloof dat U tot hulle hart kan spreek en hulle oop en aanvaardend kan maak. Leer my hoe om hulle liefde, hulp en vrygewigheid te aanvaar. Help my om te verstaan dat ek na my verhoudings moet omsien en nie net aandag aan vriende moet gee wanneer dit vir my gerieflik is nie. Help my om ‘n betroubare vriend te wees (sien Spreuke 18:24 NLV). U weet wat ek in ‘n verhouding nodig het. U het Dawid en Jonatan, en Rut en Naomi bymekaar gebring. Daarom vra ek U om my by die regte persoon of persone te voeg. In Jesus se naam. Amen.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min