Woord vir Vandag - 16 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 16 Januarie
“…die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe.” Genesis 2:22 NLV
Hoe om te bid wanneer jy eensaam is
‘Vader, toe Adam eensaam was, het U Eva gemaak en haar na hom toe gebring. Ek sukkel met eensaamheid en net soos U geweet het wat Adam nodig gehad het, so weet U ook wat ek nodig het. U het in u Woord gesê: ‘…Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’ (Hebreërs 13:5 NLV). Daar is ‘n deel van my wat nooit deur enige verhouding behalwe deur een met U, bevredig of vervul kan word nie. U het my egter ook geskep om sosiaal te wees en interaksie met ander mense nodig te hê. Help my om enige negatiewe gedrag van my kant af te erken en gedrag wat kan veroorsaak dat mense my nie geniet en aanvaar nie, soos om krities, afgunstig, humeurig, veroordelend of onvergewensgesind wees, te stop. Gee my asseblief wysheid sodat ek sal weet hoe om gepaste woorde op die regte tyd te gebruik. Maak asseblief my ore oop om met ware begrip na hulle te luister (sien Jesaja 50:4). Help my om skaamte en die vrees vir verwerping te oorkom en om na ander uit te reik in die geloof dat U tot hulle hart kan spreek en hulle oop en aanvaardend kan maak. Leer my hoe om hulle liefde, hulp en vrygewigheid te aanvaar. Help my om te verstaan dat ek na my verhoudings moet omsien en nie net aandag aan vriende moet gee wanneer dit vir my gerieflik is nie. Help my om ‘n betroubare vriend te wees (sien Spreuke 18:24 NLV). U weet wat ek in ‘n verhouding nodig het. U het Dawid en Jonatan, en Rut en Naomi bymekaar gebring. Daarom vra ek U om my by die regte persoon of persone te voeg. In Jesus se naam. Amen.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min