Woord vir Vandag - 15 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 15 Januarie
“…Moenie julle kinders uittart nie, maar voed hulle op deur die dissipline en teregwysing van die Here.” Efesiërs 6:4 AFR20
Stel grense wat saak maak
Teenoorgestelde mense trek mekaar dikwels aan, trou en moet dan hul verskille hanteer - veral wanneer hul kinders tieners word en grense begin uitdaag. Grensgeskille toets die ouers se vermoë om oor verskille te onderhandel en te besluit wat reg of verkeerd vir hul kind is. Jy laat haar doen wat sy wil... Jy dryf hom weg met jou strengheid... Sy het meer dissipline nodig... Hy het ruimte nodig om ‘n kind te wees. Beide ouers is lief vir hul kinders en wil net die beste vir hulle hê, maar hulle stem nie saam oor hoe om dit te bereik nie. In sy boek, Boundaries with Teens, gee dr John Townsend ‘n paar nuttige en praktiese voorstelle. 1) Stem saam dat jou tiener eerste kom. Bespreek julle verskille kalm, eerlik en onselfsugtig met mekaar. Die wenner moet altyd jou kind wees! Stem saam en gaan selfs kompromieë aan oor die grense wat jou tiener beskerm en sy of haar beste belange bevorder. 2) Gee aandag aan mekaar se sterkpunte. Die ouer wat byvoorbeeld beter is om te organiseer, objektief in hittige oomblikke te luister, of ‘n gekwelde tiener te kalmeer, behoort die ander een met hierdie kwessies te help. 3) Moenie van jou tiener ‘n pion maak nie. Dit is maklik om jou kind tydens konflik aan jou kant te probeer kry. Tipies reageer die ander ouer dan deur die kind met geskenke, voorregte en vryhede te bederf om hul goedkeuring terug te kry. Hierdie strategie waarborg dat almal verloor! Besluit om julle verskille uit te sorteer. As julle dit nie kan doen nie, vra hulp van ‘n wyse vriend, pastoor of berader. Jou kind se lewe en toekoms is wat saak maak - nie watter een van julle die gewildheidskompetisie wen nie!
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min