Woord vir Vandag - 15 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 15 Januarie
“…Moenie julle kinders uittart nie, maar voed hulle op deur die dissipline en teregwysing van die Here.” Efesiërs 6:4 AFR20
Stel grense wat saak maak
Teenoorgestelde mense trek mekaar dikwels aan, trou en moet dan hul verskille hanteer - veral wanneer hul kinders tieners word en grense begin uitdaag. Grensgeskille toets die ouers se vermoë om oor verskille te onderhandel en te besluit wat reg of verkeerd vir hul kind is. Jy laat haar doen wat sy wil... Jy dryf hom weg met jou strengheid... Sy het meer dissipline nodig... Hy het ruimte nodig om ‘n kind te wees. Beide ouers is lief vir hul kinders en wil net die beste vir hulle hê, maar hulle stem nie saam oor hoe om dit te bereik nie. In sy boek, Boundaries with Teens, gee dr John Townsend ‘n paar nuttige en praktiese voorstelle. 1) Stem saam dat jou tiener eerste kom. Bespreek julle verskille kalm, eerlik en onselfsugtig met mekaar. Die wenner moet altyd jou kind wees! Stem saam en gaan selfs kompromieë aan oor die grense wat jou tiener beskerm en sy of haar beste belange bevorder. 2) Gee aandag aan mekaar se sterkpunte. Die ouer wat byvoorbeeld beter is om te organiseer, objektief in hittige oomblikke te luister, of ‘n gekwelde tiener te kalmeer, behoort die ander een met hierdie kwessies te help. 3) Moenie van jou tiener ‘n pion maak nie. Dit is maklik om jou kind tydens konflik aan jou kant te probeer kry. Tipies reageer die ander ouer dan deur die kind met geskenke, voorregte en vryhede te bederf om hul goedkeuring terug te kry. Hierdie strategie waarborg dat almal verloor! Besluit om julle verskille uit te sorteer. As julle dit nie kan doen nie, vra hulp van ‘n wyse vriend, pastoor of berader. Jou kind se lewe en toekoms is wat saak maak - nie watter een van julle die gewildheidskompetisie wen nie!
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min