Woord vir Vandag - 14 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 14 Januarie
“Die liefde is geduldig en vriendelik… [en] stel nie sy eie belange voorop nie…” 1 Korintiërs 13:4-5 NLV
Onselfsugtigheid – die geheim tot ‘n gelukkige huwelik
Kom ons begin met drie kort stories wat die uitdaging om ‘n sterk en gelukkige huwelik te bou, uitspel. Eerste storie: ‘n Man het ‘n paartjie dopgehou en vir sy vrou gesê: ‘Kyk na hulle, hulle lyk so gelukkig.’ Sy het gesê: ‘Moenie so seker wees nie, hulle sê waarskynlik dieselfde van ons.’ Tweede storie: ‘’n Vrou het eenkeer gesê: ‘My man en ek het ‘n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sou doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sou doen nie. So gaan ons deur die lewe deur niks vir mekaar te doen nie.’ Derde storie: ‘n Man het vir sy vriend gesê: ‘My vrou en ek het besluit om nooit kwaad te gaan slaap nie.’ Sy vriend het gevra: ‘En? Hoe werk dit vir julle?’ Hy het geantwoord: ‘Ons het ‘n maand laas geslaap.’ Die grootste uitdaging in die huwelik is selfsug. Wanneer twee mense elkeen hul eie begeertes en belangstellings voorop stel, is hul verhouding op pad moeilikheid toe. Die volgende woorde is steeds God se formule vir ‘n stabiele en suksesvolle huwelik: ‘Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie… Al wat altyd sal bly, is geloof, hoop en liefde – hierdie drie. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde!’ (verse 4-8, 13 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min