Woord vir Vandag - 13 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 13 Januarie
“…Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…” Matteus 25:21 NLV
Wat gaan ons in die hemel doen?
As jy ‘n doelgedrewe persoon is, mag die gedagte om vir alle ewigheid te sit en niks doen, jou nie vreeslik aanstaan nie. Dis egter nie die geval nie. Wanneer ons by die hemel kom, gaan God nie sê: ‘Welgedaan voortreflike slaaf; jy kan die res van alle ewigheid afvat,’ nie. Nee, Hy gaan sê: ‘…Uitstekend! Jy is ‘n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…’ (Matteus 25:21 NLV). Daar gaan baie dinge vir ons wees om te doen. Ons weet reeds dat ons saam met Christus oor hierdie hernude aarde tydens sy duisendjarige heerskappy sal regeer (sien Openbaring 20:6). Openbaring 22:3 (NLV) sê ook: ‘…sy diensknegte sal Hom vereer en dien.’ God sal nie net ‘n plek vir elkeen van ons hê nie, maar ook ‘n plan. Die hemel gaan nie vervelig wees nie, want God is nie vervelig nie! Die Psalmdigter het gesê: ‘…in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd’ (Psalm 16:11 NLV). Omdat ons in God se teenwoordigheid gaan wees, sal alles wat ons doen vir ons vreugde en bevrediging verskaf. God het die ewigheid in ons harte geplaas (sien Prediker 3:11). Dit beteken dat God in ons ‘n spasie geskep het wat slegs deur die hemel gevul kan word. Ons sal nooit alles wat God vir ons in ons hemelse tuiste voorberei het, kan begryp nie. Ons kan ook nie hemel op aarde herskep nie. Wanneer ons egter kies om vir ons ewige tuiste wat vir ons wag voor te berei, verskuif ons aardse fokus na ‘n lewe wat God behaag en eer en ander mense na Hom toe bring.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min