Woord vir Vandag - 13 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 13 Januarie
“…Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…” Matteus 25:21 NLV
Wat gaan ons in die hemel doen?
As jy ‘n doelgedrewe persoon is, mag die gedagte om vir alle ewigheid te sit en niks doen, jou nie vreeslik aanstaan nie. Dis egter nie die geval nie. Wanneer ons by die hemel kom, gaan God nie sê: ‘Welgedaan voortreflike slaaf; jy kan die res van alle ewigheid afvat,’ nie. Nee, Hy gaan sê: ‘…Uitstekend! Jy is ‘n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou…’ (Matteus 25:21 NLV). Daar gaan baie dinge vir ons wees om te doen. Ons weet reeds dat ons saam met Christus oor hierdie hernude aarde tydens sy duisendjarige heerskappy sal regeer (sien Openbaring 20:6). Openbaring 22:3 (NLV) sê ook: ‘…sy diensknegte sal Hom vereer en dien.’ God sal nie net ‘n plek vir elkeen van ons hê nie, maar ook ‘n plan. Die hemel gaan nie vervelig wees nie, want God is nie vervelig nie! Die Psalmdigter het gesê: ‘…in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd’ (Psalm 16:11 NLV). Omdat ons in God se teenwoordigheid gaan wees, sal alles wat ons doen vir ons vreugde en bevrediging verskaf. God het die ewigheid in ons harte geplaas (sien Prediker 3:11). Dit beteken dat God in ons ‘n spasie geskep het wat slegs deur die hemel gevul kan word. Ons sal nooit alles wat God vir ons in ons hemelse tuiste voorberei het, kan begryp nie. Ons kan ook nie hemel op aarde herskep nie. Wanneer ons egter kies om vir ons ewige tuiste wat vir ons wag voor te berei, verskuif ons aardse fokus na ‘n lewe wat God behaag en eer en ander mense na Hom toe bring.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min