Woord vir Vandag - 12 Jan 2026

Loading player...
Maandag 12 Januarie
“Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!” Hebreërs 13:8 NLV
Die genesende bediening van Jesus
Daar word dikwels na Jesus as ‘Die Groot Geneesheer’ verwys. Hy het groot dele van sy bediening hier op aarde bestee om siek mense gesond te maak. Lees die volgende vier Skrifgedeeltes: 1) ‘Jesus het nou deur die hele Galilea rondgegaan en die Goeie Nuus van die koninkryk aangekondig deur die mense in hulle sinagoges te onderrig en elkeen onder die volk wat ‘n siekte of kwaal gehad het, gesond te maak. Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was, na Hom toe gebring… en Hy het hulle gesond gemaak’ (Matteus 4:23-24 NLV). 2) ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid… Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om… elkeen met ‘n siekte of kwaal gesond te maak’ (Matteus 9:36; 10:1 NLV). 3) ‘Nadat hulle die see oorgesteek het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan. Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy jas. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword’ (Matteus 14:34-36 NLV). ‘…Daar was mense van oral oor Judea en Jerusalem en so ver noord as die kusgebied van Tirus en Sidon. Hulle het gekom om na Hom te luister en om genees te word... Almal het aan Hom probeer raak, want genesende krag het van Hom uitgegaan, en hulle almal is genees’ (Lukas 6:17-19 NLV). Omdat Jesus Christus altyd dieselfde bly – gister, vandag en vir altyd – kan jy God glo om jou en jou geliefdes te genees.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min