Woord vir Vandag - 12 Jan 2026

Loading player...
Maandag 12 Januarie
“Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!” Hebreërs 13:8 NLV
Die genesende bediening van Jesus
Daar word dikwels na Jesus as ‘Die Groot Geneesheer’ verwys. Hy het groot dele van sy bediening hier op aarde bestee om siek mense gesond te maak. Lees die volgende vier Skrifgedeeltes: 1) ‘Jesus het nou deur die hele Galilea rondgegaan en die Goeie Nuus van die koninkryk aangekondig deur die mense in hulle sinagoges te onderrig en elkeen onder die volk wat ‘n siekte of kwaal gehad het, gesond te maak. Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was, na Hom toe gebring… en Hy het hulle gesond gemaak’ (Matteus 4:23-24 NLV). 2) ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid… Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om… elkeen met ‘n siekte of kwaal gesond te maak’ (Matteus 9:36; 10:1 NLV). 3) ‘Nadat hulle die see oorgesteek het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan. Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy jas. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword’ (Matteus 14:34-36 NLV). ‘…Daar was mense van oral oor Judea en Jerusalem en so ver noord as die kusgebied van Tirus en Sidon. Hulle het gekom om na Hom te luister en om genees te word... Almal het aan Hom probeer raak, want genesende krag het van Hom uitgegaan, en hulle almal is genees’ (Lukas 6:17-19 NLV). Omdat Jesus Christus altyd dieselfde bly – gister, vandag en vir altyd – kan jy God glo om jou en jou geliefdes te genees.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min