Woord vir Vandag - 11 Jan 2026

Loading player...
Sondag 11 Januarie
“…[God] het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…” 1 Kronieke 14:11 NLV
Glo God vir ‘n deurbraak
Die Bybel sê: ‘Die Filistyne het aangekom in die Refaimdal en dit geplunder. Dawid het God gevra: ‘Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?’ Die Here het geantwoord: ‘Ja, gaan voort! Ek gee jou die oorwinning.’ Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. ‘God het dit gedoen!’ het Dawid uitgeroep. ‘Hy het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…’’ (verse 9-11 NLV). Let op hoe Dawid God se krag soos ‘n watervloed wat deurbars vergelyk het. Hy sê dat wanneer God opdaag en sy krag loslaat, sal dit soos ‘n vloed van sy goedheid, sy krag, sy guns, sy genesing, sy wysheid, sy hulpbronne en alles jy nog nodig het, wees. Dink aan hoe kragtig water is: Net ‘n paar sentimeter water kan ‘n groot kar wat duisende kilogramme weeg, oplig en rondstoot. Ons sien op die nuus hoe geboue en huise deur waterstrome meegesleur word. Niks kan dit keer nie. Niks word toegelaat om in die pad te staan nie. Dis wat gebeur wanneer God jou ‘n deurbraak gee en ‘n vloed van guns namens jou loslaat. God het nie verander nie. Sy krag het nie verminder nie. ‘Ag Here, U het die hemel en die aarde deur u groot mag en krag gemaak. Niks is vir U te moelik om te doen nie!’ (Jeremia 32:17 NLV). God is in staat om namens jou te beweeg. Hy is ook gewillig om dit te doen – vra Hom dus vir ‘n deurbraak.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min