Woord vir Vandag - 11 Jan 2026

Loading player...
Sondag 11 Januarie
“…[God] het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…” 1 Kronieke 14:11 NLV
Glo God vir ‘n deurbraak
Die Bybel sê: ‘Die Filistyne het aangekom in die Refaimdal en dit geplunder. Dawid het God gevra: ‘Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?’ Die Here het geantwoord: ‘Ja, gaan voort! Ek gee jou die oorwinning.’ Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. ‘God het dit gedoen!’ het Dawid uitgeroep. ‘Hy het my gebruik om soos ‘n watervloed deur my vyande te bars…’’ (verse 9-11 NLV). Let op hoe Dawid God se krag soos ‘n watervloed wat deurbars vergelyk het. Hy sê dat wanneer God opdaag en sy krag loslaat, sal dit soos ‘n vloed van sy goedheid, sy krag, sy guns, sy genesing, sy wysheid, sy hulpbronne en alles jy nog nodig het, wees. Dink aan hoe kragtig water is: Net ‘n paar sentimeter water kan ‘n groot kar wat duisende kilogramme weeg, oplig en rondstoot. Ons sien op die nuus hoe geboue en huise deur waterstrome meegesleur word. Niks kan dit keer nie. Niks word toegelaat om in die pad te staan nie. Dis wat gebeur wanneer God jou ‘n deurbraak gee en ‘n vloed van guns namens jou loslaat. God het nie verander nie. Sy krag het nie verminder nie. ‘Ag Here, U het die hemel en die aarde deur u groot mag en krag gemaak. Niks is vir U te moelik om te doen nie!’ (Jeremia 32:17 NLV). God is in staat om namens jou te beweeg. Hy is ook gewillig om dit te doen – vra Hom dus vir ‘n deurbraak.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min