Woord vir Vandag - 10 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 10 Januarie
“Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op…’” Markus 2:5, 11 NLV
Demonstreer jou geloof
Die Bybel sê: ‘…Jesus was besig om die Goeie Nuus aan hulle te vertel. Daar daag toe vier mans by Hom op wat ‘n verlamde persoon op ‘n mat dra. As gevolg van die baie mense kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie. Daarom het hulle ‘n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op, vat jou mat en gaan gesond na jou huis toe!’ Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitetoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: ‘So iets het ons nog nooit van tevore gesien nie!’’ (verse 2-5, 11-12 NLV). Let die woorde: ‘Toe Jesus hulle geloof sien,’ op. Het jy geloof wat God kan sien? Wat doen jy om vir God te wys dat jy Hom werklik glo en Hom op sy Woord neem? Dis belangrik om te bid en te glo, maar jy moet ook iets doen om jou geloof te demonstreer. Wanneer jy soms jou grootste struikelblokke of teenstand in die gesig staar, is jy die naaste om jou oorwinning te behaal. Baie mense gee te maklik op. Jy sê: ‘Ek het probeer, maar niks wat ek gedoen het, het gewerk nie.’ Jy moet meer vasberade as dit wees. As jy nie deur die skare kan kom nie, klim boontoe en kom deur die dak af. Wees meedoënloos. Dis wat hierdie mans gedoen het en Jesus het hulle met ‘n wonderwerk beloon. Wanneer jy bereid is om ‘n vasberade geloof te demonstreer, kan Jesus dieselfde vir jou doen.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min