Woord vir Vandag - 10 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 10 Januarie
“Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op…’” Markus 2:5, 11 NLV
Demonstreer jou geloof
Die Bybel sê: ‘…Jesus was besig om die Goeie Nuus aan hulle te vertel. Daar daag toe vier mans by Hom op wat ‘n verlamde persoon op ‘n mat dra. As gevolg van die baie mense kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie. Daarom het hulle ‘n gat deur die dak bokant Jesus se kop gemaak. Toe laat hulle die mat waarop die sieke gelê het, deur die dak sak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man… ‘Ek beveel jou, staan op, vat jou mat en gaan gesond na jou huis toe!’ Net daar het die man opgespring, sy mat geneem en voor almal se oë buitetoe gegaan. Hulle was almal verstom en het God geprys en uitgeroep: ‘So iets het ons nog nooit van tevore gesien nie!’’ (verse 2-5, 11-12 NLV). Let die woorde: ‘Toe Jesus hulle geloof sien,’ op. Het jy geloof wat God kan sien? Wat doen jy om vir God te wys dat jy Hom werklik glo en Hom op sy Woord neem? Dis belangrik om te bid en te glo, maar jy moet ook iets doen om jou geloof te demonstreer. Wanneer jy soms jou grootste struikelblokke of teenstand in die gesig staar, is jy die naaste om jou oorwinning te behaal. Baie mense gee te maklik op. Jy sê: ‘Ek het probeer, maar niks wat ek gedoen het, het gewerk nie.’ Jy moet meer vasberade as dit wees. As jy nie deur die skare kan kom nie, klim boontoe en kom deur die dak af. Wees meedoënloos. Dis wat hierdie mans gedoen het en Jesus het hulle met ‘n wonderwerk beloon. Wanneer jy bereid is om ‘n vasberade geloof te demonstreer, kan Jesus dieselfde vir jou doen.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min