Woord vir Vandag - 9 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 9 Januarie
“…Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.” 1 Korintiërs 13:12 NLV
Eendag sal jy ten volle verstaan
Corrie ten Boom het die wêreld deurreis en haar ervarings gedeel. Wanneer sy met ‘n gehoor gepraat het, het sy dikwels afgekyk terwyl sy haar praatjie gelewer het. Dit het gelyk of sy haar notas raadpleeg, maar sy was eintlik besig om ‘n ontwerp te borduur. Wanneer sy haar verhaal oor die gruweldade wat sy onder die Nazi's gely het, klaar vertel het, het sy die borduurwerk onthul waaraan sy gewerk het terwyl sy gepraat het. Sy het eers die agterkant gewys, wat net ‘n warboel van gekleurde drade sonder ‘n duidelike patroon was. Dan het sy gesê: ‘Dis hoe ons ons lewens sien. Soms maak dit geen sin nie.’ Dan het sy die borduurwerk omgedraai om die voltooide kant te onthul en gesê: ‘Dis hoe God jou lewe sien, en eendag sal ons die voorreg hê om dit vanuit sy oogpunt te sien.’ Sy het haar praatjie dan afgesluit met hierdie gedig wat deur Grant Colfax Tullar, ‘n predikant, geskryf is: ‘My life is but a weaving between my Lord and me; I cannot choose the colours, He worketh steadily. Oft times He weaveth sorrow and I, in foolish pride, forget He sees the upper, and I the underside. Not till the loom is silent and the shuttles cease to fly, will God unroll the canvas and explain the reason why. The dark threads are as needful in the Weaver’s skillful hand, as the threads of gold and silver in the pattern He has planned.’ Paulus skryf: ‘Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder duidelik wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min