Woord vir Vandag - 9 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 9 Januarie
“…Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.” 1 Korintiërs 13:12 NLV
Eendag sal jy ten volle verstaan
Corrie ten Boom het die wêreld deurreis en haar ervarings gedeel. Wanneer sy met ‘n gehoor gepraat het, het sy dikwels afgekyk terwyl sy haar praatjie gelewer het. Dit het gelyk of sy haar notas raadpleeg, maar sy was eintlik besig om ‘n ontwerp te borduur. Wanneer sy haar verhaal oor die gruweldade wat sy onder die Nazi's gely het, klaar vertel het, het sy die borduurwerk onthul waaraan sy gewerk het terwyl sy gepraat het. Sy het eers die agterkant gewys, wat net ‘n warboel van gekleurde drade sonder ‘n duidelike patroon was. Dan het sy gesê: ‘Dis hoe ons ons lewens sien. Soms maak dit geen sin nie.’ Dan het sy die borduurwerk omgedraai om die voltooide kant te onthul en gesê: ‘Dis hoe God jou lewe sien, en eendag sal ons die voorreg hê om dit vanuit sy oogpunt te sien.’ Sy het haar praatjie dan afgesluit met hierdie gedig wat deur Grant Colfax Tullar, ‘n predikant, geskryf is: ‘My life is but a weaving between my Lord and me; I cannot choose the colours, He worketh steadily. Oft times He weaveth sorrow and I, in foolish pride, forget He sees the upper, and I the underside. Not till the loom is silent and the shuttles cease to fly, will God unroll the canvas and explain the reason why. The dark threads are as needful in the Weaver’s skillful hand, as the threads of gold and silver in the pattern He has planned.’ Paulus skryf: ‘Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder duidelik wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min