Woord vir Vandag - 8 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 8 Januarie
“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Psalm 90:12 NLV
Elke dag van jou lewe is ‘n geskenk
Die motiveringspreker Denis Waitley beskryf ‘n ervaring wat sy lewe vir ewig verander het. Hy moes ‘n vlug haal om ‘n motiveringspraatjie te gaan gee, maar was laat en het deur die lughaweterminaal gehardloop om die vlug te probeer haal. Net toe hy die hek bereik, het die agent die deur voor hom toegemaak. Denis het sy dilemma verduidelik, maar die agent wou nie die deur weer oopmaak nie. Hy het woedend omgedraai en na die kaartjietoonbank gegaan om ‘n klagte in te dien en sy vlug te herskeduleer. Sy woede het toegeneem terwyl hy meer as twintig minute in ‘n ry wat skaars beweeg het, moes wag. Net voor hy sy beurt by die kaartjietoonbank sou kry, het ‘n aankondiging oor die interkom sy lewe verander. Die vlug wat hy misgeloop het, Vlug 191 van Chicago na Los Angeles, het neergestort kort nadat dit opgestyg het. Daar was nie enige oorlewendes op die vlug nie. Denis het nooit sy klagte ingedien nie. Hy het ook nooit sy kaartjie vir Vlug 191 wat hy nooit gebruik het nie, weggegooi nie. Hy het dit huis toe gebring en dit op ‘n kennisgewingbord in sy kantoor vasgeplak. In die nasleep van daardie ervaring, moes hy elke keer as hy geïrriteerd of ontsteld gevoel het, net na daardie kaartjie van Vlug 191 kyk. Dit was ‘n onvergeetlike bewys dat die lewe ‘n geskenk is wat nie onderskat moet word nie. Die Psalmdigter het geskryf: ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80… Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie… Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom’ (verse 10, 12 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min