Woord vir Vandag - 8 Jan 2026

Loading player...
Donderdag 8 Januarie
“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” Psalm 90:12 NLV
Elke dag van jou lewe is ‘n geskenk
Die motiveringspreker Denis Waitley beskryf ‘n ervaring wat sy lewe vir ewig verander het. Hy moes ‘n vlug haal om ‘n motiveringspraatjie te gaan gee, maar was laat en het deur die lughaweterminaal gehardloop om die vlug te probeer haal. Net toe hy die hek bereik, het die agent die deur voor hom toegemaak. Denis het sy dilemma verduidelik, maar die agent wou nie die deur weer oopmaak nie. Hy het woedend omgedraai en na die kaartjietoonbank gegaan om ‘n klagte in te dien en sy vlug te herskeduleer. Sy woede het toegeneem terwyl hy meer as twintig minute in ‘n ry wat skaars beweeg het, moes wag. Net voor hy sy beurt by die kaartjietoonbank sou kry, het ‘n aankondiging oor die interkom sy lewe verander. Die vlug wat hy misgeloop het, Vlug 191 van Chicago na Los Angeles, het neergestort kort nadat dit opgestyg het. Daar was nie enige oorlewendes op die vlug nie. Denis het nooit sy klagte ingedien nie. Hy het ook nooit sy kaartjie vir Vlug 191 wat hy nooit gebruik het nie, weggegooi nie. Hy het dit huis toe gebring en dit op ‘n kennisgewingbord in sy kantoor vasgeplak. In die nasleep van daardie ervaring, moes hy elke keer as hy geïrriteerd of ontsteld gevoel het, net na daardie kaartjie van Vlug 191 kyk. Dit was ‘n onvergeetlike bewys dat die lewe ‘n geskenk is wat nie onderskat moet word nie. Die Psalmdigter het geskryf: ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80… Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie… Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom’ (verse 10, 12 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min