Woord vir Vandag - 7 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 7 Januarie
“…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…” 1 Konings 19:4 NLV
Drie stappe om depressie te oorkom
Elia het so depressief geword dat hy wou doodgaan. Hier is die drievoudige voorskrif wat God vir hom gegee het om uit sy gat van depressie te klim: 1) Verfris jouself. ‘…’n engel het hom aangeraak en gesê: ‘Staan op en eet!’ Hy kyk op en dáár sien hy ‘n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ‘n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê’ (verse 5-6 NLV). Elia was uitgeput. Hy het pas vir ‘n lang tydperk gevas en sy liggaam was verswak. Voldoende rus en ‘n gebalanseerde dieet kan wondere vir jou lewe doen. 2) Fokus op God. Wanneer jy jou oë van God afneem en op jouself fokus, begin elke moeilikheid waarvoor jy te staan kom groter lyk as wat dit is. Jy begin om die Een wat elke probleem wat jy teëkom kan oplos, te ignoreer. God het vir Elia gesê: ‘Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg…’ (vers 11 NLV). Een prediker merk op: ‘Wanneer God jou oor het, kan Hy daarin praat. Wanneer God jou hart het, kan Hy dit versorg.’ 3) Gee aandag aan ander. God het vir Elia gesê: ‘…jy [moet] Gasael salf tot koning van Aram. Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa… salf om jou as my profeet op te volg’ (verse 15-16 NLV). Miskien moet jy iemand vind wat jy kan help en kan dien. Jy is nie die enigste een wat probleme het nie; daar is mense in erger situasies as jy. As jy wil sien hoe die waas van depressie verdwyn, hou op om na binne te kyk en begin na buite te kyk.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min