Woord vir Vandag - 7 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 7 Januarie
“…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…” 1 Konings 19:4 NLV
Drie stappe om depressie te oorkom
Elia het so depressief geword dat hy wou doodgaan. Hier is die drievoudige voorskrif wat God vir hom gegee het om uit sy gat van depressie te klim: 1) Verfris jouself. ‘…’n engel het hom aangeraak en gesê: ‘Staan op en eet!’ Hy kyk op en dáár sien hy ‘n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ‘n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê’ (verse 5-6 NLV). Elia was uitgeput. Hy het pas vir ‘n lang tydperk gevas en sy liggaam was verswak. Voldoende rus en ‘n gebalanseerde dieet kan wondere vir jou lewe doen. 2) Fokus op God. Wanneer jy jou oë van God afneem en op jouself fokus, begin elke moeilikheid waarvoor jy te staan kom groter lyk as wat dit is. Jy begin om die Een wat elke probleem wat jy teëkom kan oplos, te ignoreer. God het vir Elia gesê: ‘Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg…’ (vers 11 NLV). Een prediker merk op: ‘Wanneer God jou oor het, kan Hy daarin praat. Wanneer God jou hart het, kan Hy dit versorg.’ 3) Gee aandag aan ander. God het vir Elia gesê: ‘…jy [moet] Gasael salf tot koning van Aram. Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa… salf om jou as my profeet op te volg’ (verse 15-16 NLV). Miskien moet jy iemand vind wat jy kan help en kan dien. Jy is nie die enigste een wat probleme het nie; daar is mense in erger situasies as jy. As jy wil sien hoe die waas van depressie verdwyn, hou op om na binne te kyk en begin na buite te kyk.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min