Woord vir Vandag - 6 Jan 2026

Loading player...
Dinsdag 6 Januarie
“…Ook Christus het só gely toe Hy vir eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het… Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…” 1 Petrus 3:18 NLV
Die groot ruiltransaksie
‘n Verkoopsdame het elke dag op pad werk toe verby ‘n spesifieke hoek geloop. Vir meer as ‘n week het sy ‘n dogtertjie dopgehou wat probeer het om ‘n klein hondjie op daardie hoek te verkoop. Die verkoopsdame het uiteindelik vir die dogtertjie gesê: ‘Liefie, as jy hierdie hond wil verkoop, stel ek voor jy bad hom, borsel sy pels en verhoog jou prys sodat mense dink hulle koop iets van waarde.’ Teen twaalfuur het die verkoopsdame opgemerk dat die dogtertjie haar raad gevolg het. Die hondjie was versorg en het onder ‘n groot plakkaat gesit wat lees: ‘UITSTEKENDE Hondjie te Koop - R5,000.’ Die verkoopsdame het geglimlag en onderneem om die dogtertjie later te vertel dat die prys vir die hondjie dalk te duur was. Tot haar verbasing het sy op pad huis toe gesien dat die hondjie weg was! Verstom het die vrou die dogtertjie opgesoek om te vra of sy die hond regtig vir R5,000 verkoop het. Die dogtertjie het gesê: ‘Ek het beslis en ek wil jou bedank vir al jou hulp.’ Die verkoopsdame het verstom gevra: ‘Hoe in die wêreld het jy dit reggekry?’ Sy het geantwoord: ‘Dit was maklik. Ek het net twee katte van R2,500 elk in ruil vir die hondjie geneem!’ Tweeduisend jaar gelede het die grootste ruiltransaksie van alle tye plaasgevind. Aan ‘n kruis buite Jerusalem het Jesus Christus sy lewe in ruil vir ons s'n gegee: ‘…Hy het vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom…’ Aan die kruis het God al jou sonde geneem en dit op Christus geplaas. Wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, neem God al sy geregtigheid en draai jou daarin toe. Dis die groot ruiltransaksie!
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min