Woord vir Vandag - 5 Jan 2026

Loading player...
Maandag 5 Januarie
“Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” Jeremia 29:11 NLV
Die eienskappe van ‘n kampioen
Sportsielkundiges het ses eienskappe wat algemeen in atlete wat goue medaljes op die Olimpiese Spele wen, geïdentifiseer. Hierdie eienskappe van ‘n kampioen is op beide mans en vrouens van toepassing en is ook dominante faktore in die lewens van diegene wat in nie-atletiese beroepe uitblink. Kom ons kyk na elke eienskap en wat ons daaruit kan leer. 1) Selfanalise. Die suksesvolle atleet ken hul sterk- en swakpunte en doen ‘n kritiese beoordeling daarvan wat eerlik, maar nooit negatief is nie. 2) Selfkompetisie. ‘n Wenner weet dat hy of sy slegs hul eie prestasie kan beheer, daarom ding hulle teen hul eie beste poging en nie dié van ander nie, mee. 3) Fokus. Die kampioen konsentreer altyd bewustelik op die taak wat voorlê. 4) Selfvertroue. Suksesvolle atlete beheer hul angs deur moeilike maar redelike doelwitte te stel. Namate hierdie doelwitte bereik word, neem hul selfvertroue toe. 5) Taaiheid. Dit is ‘n geestelike eienskap wat risiko aanvaar en altyd probeer wen. ‘n Wenner sien verandering as ‘n geleentheid en aanvaar verantwoordelikheid vir hul eie lot. 6) ‘n Wedstrydplan. Selfs die beste atlete weet dat talent nie genoeg is nie; hulle moet ook ‘n wedstrydplan hê. Hier is die goeie nuus: Jy kan hierdie ses eienskappe ontwikkel. Jy vra: ‘Waar kan ek ‘n wedstrydplan vir my lewe kry?’ Van die God wat vir jou lief is en in sy Woord sê: ‘Ek weet wat Ek vir julle beplan het… voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister’ (verse 11-12 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min