Woord vir Vandag - 4 Jan 2026

Loading player...
Sondag 4 Januarie
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer…” 2 Timoteus 3:16 NLV
Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (3)
Miskien wonder jy of die Bybel werklik deur God geïnspireer is en of dit waar, betroubaar en onfeilbaar is. Die antwoord is ja, en hier is drie redes waarom dit so is: 1) Dit is merkwaardig saamgestel. Dit is oor sestien eeue deur veertig verskillende skrywers saamgestel, insluitend soldate, herders, boere en vissermanne. Dit is deur Moses in Arabië begin en deur Johannes op die eiland Patmos voltooi. Dit is deur konings in paleise, herders in tente en gevangenes in die tronk geskryf. Sou veertig skrywers, grotendeels onbekend aan mekaar, wat drie verskillende tale praat en in verskillende lande bly, wat deur ongeveer 1 600 jaar geskei word, ‘n boek met een enkele tema kon produseer? Dit sou onmoontlik wees, tensy hulle deur een gedagte en een ontwerper geïnspireer is (sien 2 Petrus 1:21). 2) Dit is merkwaardig hoe bestendig dit is. Daar is in die geskiedenis meer eksemplare van die Bybel as enige ander boek gedruk. Bybels is deur regerings verbrand en deur howe verban, maar God se Woord bly voortbestaan. Die doodsklok is al honderd keer gelui, maar God se Woord duur voort (sien Jesaja 40:8). 3) Dit bevat merkwaardige profesieë. Die Bybel bevat meer as 300 vervulde profesieë oor Christus se lewe, wat almal ten minste 400 jaar voor sy geboorte geskryf is. Wat is die kans? Stel jou voor dat iets soortgelyks vandag gebeur. As ons ‘n boek sou vind wat in die jaar 1900 geskryf is en wat twee wêreldoorloë, ‘n finansiële depressie, ‘n atoombom en die sluipmoorde op ‘n president en ‘n burgerregteleier voorspel het, sou ons dit nie vertrou nie? Ons sou. Jy kan dus hierdie woorde glo: ‘Die hele Skrif is deur God geïnspireer.’
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min