Woord vir Vandag - 2 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 2 Januarie
“Hou hierdie wetboek altyd by jou…” Josua 1:8 NLV
Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (1)
God het vir Josua ‘n groot opdrag gegee: verower die Beloofde Land en verdeel dit onder die twaalf stamme van Israel. Hy het ook vir hom die sleutel tot sukses gegee: ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees.’ God het Josua nie beveel om ‘n geestelike ervaring of ‘n persoonlike openbaring te soek nie. Hy het hom beveel om oor die Skrif na te dink. Greg Hawkins en Cally Parkinson het ‘n boek getiteld Move geskryf. Hulle wou die sleutelfaktore vir geestelike groei vind, daarom het hulle een duisend kerke se gemeentes ondersoek. Hier is wat hulle bevind het: ‘Niks het ‘n groter impak op geestelike groei as meditasie oor die Skrif nie. As kerke net een ding kon doen om mense op alle vlakke van geestelike volwassenheid te help om in hul verhouding met Christus te groei, is dit duidelik wat hulle sou moes doen. Hulle sou hul mense moes inspireer, aanmoedig en toerus om die Bybel te lees.’ Jy groei nie in Christus bloot omdat jy by die kerk betrokke is nie; dit gebeur outomaties wanneer jy God se Woord lees en vertrou. Raak dus betrokke by jou Bybel. Dink dag en nag daaroor na. Mediteer daaroor. Laat dit jou gids wees. Maak dit jou gunstelingboek om antwoorde op jou vrae te kry. Laat dit die hoogste gesag in jou lewe wees. Petrus stel dit so: ‘Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse gereddenes’ (1 Petrus 2:2 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min