Woord vir Vandag - 31 Des 2025

Loading player...
“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” Efersiërs 4:32 NLV

Los die verlede in die verlede

Studies dui daarop dat slegs 3 persent van lewensgebeure hoogs onvergeetlik is. Dus, oor die verloop van 'n gemiddelde jaar, sal ongeveer sewentien ervarings dit in jou langtermyngeheue maak. Die ander 97 persent vervaag in die swart gat wat die onderbewussyn genoem word. Maar daardie oorblywende 3 persent kan ons elke dag seermaak as ons nie kan, of wil, vergeet nie. Daardie 3 persent kan ons gevangenes van ons verlede maak. Selfs al het ons ons sonde bely, voel ons dikwels steeds veroordeel. En daardie gevoel van veroordeling ondermyn die feit dat God vír ons is (sien Psalm 56:10). Ons hou aan om onsself te stenig. Ons hou aan om onsself te saboteer. Ons hou aan om die selfvernietigende leuens te glo wat van Satan "die aanklaer" kom (sien Openbaring 12:10). En hoe kan jy die aanklaer oorkom en hom stilmaak? Openbaring 12:11 sê: "En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het." (NLV). Druk terug! Getuig teenoor Satan die aanklaer. Vertel hom wat die bloed van Jesus Christus namens jou gedoen het. Herinner hom daaraan dat “daar dan nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie” (Romeine 8:1). Geen. Nada. Zilch. Nul. Nie eens 'n spoor nie. In plaas daarvan om jouself te definieer deur wat jy verkeerd gedoen het, definieer jouself deur wat Christus namens jou reg gedoen het.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min