Woord vir Vandag - 30 Des 2025

Loading player...
“Laat ons seuns sterk word… en ons dogters soos die mooiste pilare...” Psalm 144:12 DB

Gee jou kinders selfvertroue

Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges sê dat sommige van die wêreld se suksesvolste mense aan ‘imposter syndrome’ ly. Wanneer hulle uitgevra word, spreek hierdie mense dikwels diep selftwyfel uit en sê dat hulle nie die posisie wat hulle beklee, of die hoë opinie wat ander van hulle het, werd voel nie. Waar het dit begin? By die huis! Dikwels word hierdie selfkonsep voor puberteit gevorm, wanneer ‘n kind geen duidelike sin van hul identiteit het nie en onaantreklik, dom en nutteloos voel. Dit is wanneer jy as ouer hulle moet verseker dat hierdie gevoel net ‘n kort tydjie sal duur, soos om deur ‘n tonnel te reis waaruit hulle beslis te voorskyn sal kom. Bespreek die seksuele ontwaking wat gaan plaasvind wanneer hulle kinderjare eindig en ook hoe om dit verantwoordelik en moreel te hanteer. Deur dit nie te doen nie, laat jy jou kind alleen om vrae te hanteer waarop hulle nie altyd die regte antwoorde sal kry nie. Ja, jy moet hulle onderrig en reghelp. As hulle egter voortdurend voel asof jy hulle kritiseer en nie aan hulle kant is nie, kan hulle nie die selfvertroue en inisiatief kry om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel nie. As jou ouers dit nie vir jou gedoen het nie, sal jy ekstra sensitief moet wees en seker maak dat jy dit vir jou kinders doen. Die Psalmdigter Dawid gee vir ons ‘n gebed wat God sal beantwoord: ‘Laat ons seuns sterk word soos jong bome en ons dogters soos die mooiste pilare in die paleis wees.’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min