Woord vir Vandag - 29 Des 2025

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV

Oorwinnaars gee nooit op nie

Jy sal in sommige van die wêreld se grootste suksesverhale hoofstukke van mislukking en ontmoediging vind. Dr Seuss se eerste kinderboek is deur sewe-en-twintig verskillende uitgewers afgekeur. Die agt-en-twintigste uitgewer het egter seshonderd miljoen kopieë van die boek verkoop en dr Seuss se volharding het gehelp om miljoene kinders te leer lees. Tydens hul eerste jaar het die Coca-Cola maatskappy net nege koeldranke per dag verkoop. Hulle het egter volhard en is vandag die wêreld se grootste verkoper van koeldranke. Henry Ford het twee keer in sy eerste drie jaar in die motorindustrie bankrot gespeel. Hy het egter volhard en vandag is Ford die tweede grootste motorhandelaar in Amerika en die vyfde grootste in die wêreld. In 1905 het die Universiteit van Bern in Switzerland ‘n proefskrif van ‘n student, genaamd Albert Einstein, verwerp en dit as ‘irrelevant en vol giere’ beskryf. Was hy teleurgesteld? Natuurlik – sou jy nie ook gewees het nie? Het hy tou opgegooi? Nee, hy het aanhou skryf. Oorweeg die volgende: As verloste kind van God het jy ‘n groot voordeel – ‘…omdat God aan [jou] kant is…’ (Psalm 56:10 NLV). Dit verander die vergelyking en kantel die skaal in jou guns. Paulus skryf: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?... Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:35, 37 NLV). Met God aan jou kant is dit altyd te vroeg om tou op te gooi, maak nie saak waarvoor jy te staan kom nie. Byt vas, want sy genade en krag is altyd op pad.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min