Woord vir Vandag - 28 Des 2025

Loading player...
“Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!” 1 Tessalonisense 5:24 NLV

Is jy verward oor jou roeping? (2)

Wanneer dit by jou lewensroeping kom, is hier nog twee mites wat jou kan saboteer: 1) Wanneer jy die verkeerde keuse maak, kan jy op een of ander manier God se wil dwarsboom. Jy hoef nie hieroor bekommerd te wees nie. Die Bybel sê vir ons: ‘Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!’ Dis altyd prysenswaardig om die beste besluit wat jy kan, te probeer neem. Die feit bly egter staan dat jy op ‘n punt gaan moet kom waar jy ‘n keuse gaan moet maak. Geen keuse wat jy maak is buite God se beheer nie. Selfs al weet jy nie waarheen die pad wat jy gekies het gaan lei nie, kan jy in die versekering rus dat: ‘…God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). 2) Jou roeping staan vas. Om jou roeping te vind is nie iets wat jy noodwendig een of twee keer in jou lewe doen nie Dis nie iets wat jy van ‘n lysie kan afmerk en aanbeweeg nie. Die lewe van ‘n Christen is ‘n deurlopende proses waarin jy jou roeping ontdek. Net omdat God jou op ‘n spesifieke tyd vir ‘n spesifieke doel geroep het, beteken nie dat sy planne vir jou nie sal verander nie. Wie weet wat die volgende fase van jou lewe gaan inhou? Elkeen se roeping lyk uniek en elke hoofstuk van jou lewe sal ‘n nuwe proses van onderskeiding meebring. Die belangrikste is om te onthou dat God in beheer is, dat Hy jou liefhet en dat dit sy wil is om jou altyd nader aan Hom te bring.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min