Woord vir Vandag - 26 Des 2025

Loading player...
“…Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.” Jeremia 33:3 NLV

Laat jou lewe ‘n verskil maak

Dr Ernest Sachs wou ‘n verskil in die lewe maak, en hy het. Jare gelede was die meeste breingewasse noodlottig. Sachs het ‘n chirurg hoor voorspel dat daar eendag ‘n uitvinding sou wees wat al daardie lewens sou kon red en hy het besluit dat dit sy lewenstaak sou wees. Destyds was die voorste kenner van die brein se anatomie sir Victor Horsley. Sachs het toestemming gekry om onder hom te studeer, maar het gevoel dat hy vir die ervaring moes voorberei deur ses maande lank onder van die bekwaamste dokters in Duitsland te studeer. Daarna is hy na Engeland toe, waar hy twee jaar lank dr. Horsley in lang en ingewikkelde eksperimente op dosyne ape bygestaan het. Toe Sachs na Amerika terugkeer, is hy deur die mediese gemeenskap gespot omdat hy versoek het om uitsluitlik breingewasse te behandel. Jare lank het hy struikelblokke en ontmoediging beveg, gedryf deur ‘n passie om in sy soeke te slaag. Hy het dit reggekry! Vandag, grootliks danksy dr. Sachs, kan die meerderheid breingewasse genees word. Sy boek, Diagnosis and Treatment of Brain Tumours, word as die voorste gesag oor die onderwerp beskou. Net omdat iets tans nie gedoen word nie, beteken dit nie dat dit glad nie gedoen kan word nie. Miskien is jy die een wat dit gaan doen! Dink net aan die voordeel wat jy as verloste kind van God het: ‘Vra My, en Ek sal vir jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.’ ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV). Gebruik jou geloof en glo God vir groot dinge.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min