Woord vir Vandag - 26 Des 2025
Loading player...
“…Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.” Jeremia 33:3 NLV
Laat jou lewe ‘n verskil maak
Dr Ernest Sachs wou ‘n verskil in die lewe maak, en hy het. Jare gelede was die meeste breingewasse noodlottig. Sachs het ‘n chirurg hoor voorspel dat daar eendag ‘n uitvinding sou wees wat al daardie lewens sou kon red en hy het besluit dat dit sy lewenstaak sou wees. Destyds was die voorste kenner van die brein se anatomie sir Victor Horsley. Sachs het toestemming gekry om onder hom te studeer, maar het gevoel dat hy vir die ervaring moes voorberei deur ses maande lank onder van die bekwaamste dokters in Duitsland te studeer. Daarna is hy na Engeland toe, waar hy twee jaar lank dr. Horsley in lang en ingewikkelde eksperimente op dosyne ape bygestaan het. Toe Sachs na Amerika terugkeer, is hy deur die mediese gemeenskap gespot omdat hy versoek het om uitsluitlik breingewasse te behandel. Jare lank het hy struikelblokke en ontmoediging beveg, gedryf deur ‘n passie om in sy soeke te slaag. Hy het dit reggekry! Vandag, grootliks danksy dr. Sachs, kan die meerderheid breingewasse genees word. Sy boek, Diagnosis and Treatment of Brain Tumours, word as die voorste gesag oor die onderwerp beskou. Net omdat iets tans nie gedoen word nie, beteken dit nie dat dit glad nie gedoen kan word nie. Miskien is jy die een wat dit gaan doen! Dink net aan die voordeel wat jy as verloste kind van God het: ‘Vra My, en Ek sal vir jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.’ ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV). Gebruik jou geloof en glo God vir groot dinge.