Woord vir Vandag - 25 Des 2025

Loading player...
“En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Lukas 2:12 NLV

Vervulling van ‘n Kerswens

Met sy aankoms by die kerk een Kersoggend het 'n pastoor stilgehou om die Kersfees geboortetoneel te bewonder. Die figure, liefdevol aanmekaargesit, was op 'n klein verhoog uitgestal... herders... wyse manne... diere... en in die middel, die Heilige gesin. Toe merk hy op dat die krip leeg was; die baba Jesus was vermis! Nadat hy die kerk deursoek het, het hy die mede-pastoor en die ouderlinge gebel, maar hulle het niks geweet nie. Die baba was duidelik gesteel. Hy het die diefstal plegtig by sy gemeente aangemeld, teleurgesteld om te dink dat een van hulle dalk betrokke was. "As die baba teen die einde van die dag terugbesorg word, sal daar geen vrae gevra word nie," het hy gesê. Maar die krip het die hele dag leeg gebly, en daardie middag, swaarmoedig en mismoedig, het die pastoor 'n entjie deur die winterstrate gestap. Voor hom het hy die sesjarige Tommy opgemerk, toegedraai teen die koue, waar hy 'n helderrooi wa rondsleep. Bewus van die feit dat Tommy se familie finansieel gesukkel het, was die pastoor geraak deur hul opoffering en het hy vinnig tot by Tommy gestap om hom ‘n geseënde Kersfees toe te wens en sy blink nuwe wa te kon bewonder. Toe hy nader kom, het hy egter opgemerk dat die wa nie leeg was nie – binne, toegedraai met 'n kombers teen die koue, het die baba Jesus gelê! Die pastoor het langs Tommy gehurk. Hy was maar net 'n klein seuntjie, maar oud genoeg om te weet dat steel verkeerd was. Terwyl die pastoor dit so aan Tommy verduidelik het, het die kind se oë vol trane geword. “Maar pastoor,” het die seuntjie geantwoord, “ek het nie vir Jesus gesteel nie. Dit was glad nie so nie. Ek vra Hom al baie lank vir 'n nuwe rooi waentjie vir Kersfees – en ek het belowe as ek een kry, sal ek Hom op die eerste rit neem.”
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min