Woord vir Vandag - 22 Des 2025

Loading player...
“want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV

God is lief vir jou en waardeer jou

Sielkundiges sê dat ons selfwaarde gebaseer word op dit wat ons glo wat die belangrikste mense in ons lewe van ons dink. Vir kinders is dit heel waarskynlik hulle ouers. Vir volwassenes kan dit ‘n eggenoot, ‘n baas, ‘n vriend of ‘n mentor wees. Die probleem is dat mense ons teleurstel. Hulle kan dinge doen wat ons hartseer maak of pynig. Die sleutel om ‘n ware sin van selfwaarde te ken en te onderhou, is om jou hemelse Vader die belangrikste persoon in jou lewe te maak. Baseer jou selfwaarde op dit wat Hy van jou sê. Wanneer jy foute maak, kan mense jou kritiseer en jou deur skuldgevoelens oorweldig laat voel. God sê egter: ‘Ek het genade vir die foute wat jy maak. Staan op en probeer weer. Jou toekoms is blinker as jou verlede’ (sien verse 4-10). Die Bybel sê dat ons God se handewerk is. Dit beteken dat ons nie gemiddeld is nie. Ons is uniek. Ons is ‘n oorspronklike skepping. Ons is enig in ons soort. Dis hoe God jou sien. Dis hoe Hy wil hê jy jouself moet begin sien. Die Psalmdigter het dit as volg gestel: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Kosbaar is u gedagtes vir my, o God! Hoe onmeetlik is die totaal! As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels! Wanneer ek daarmee klaar is, sal U nog by my wees’ (Psalm 139:16-18 NLV).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min