Woord vir Vandag - 22 Des 2025

Loading player...
“want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV

God is lief vir jou en waardeer jou

Sielkundiges sê dat ons selfwaarde gebaseer word op dit wat ons glo wat die belangrikste mense in ons lewe van ons dink. Vir kinders is dit heel waarskynlik hulle ouers. Vir volwassenes kan dit ‘n eggenoot, ‘n baas, ‘n vriend of ‘n mentor wees. Die probleem is dat mense ons teleurstel. Hulle kan dinge doen wat ons hartseer maak of pynig. Die sleutel om ‘n ware sin van selfwaarde te ken en te onderhou, is om jou hemelse Vader die belangrikste persoon in jou lewe te maak. Baseer jou selfwaarde op dit wat Hy van jou sê. Wanneer jy foute maak, kan mense jou kritiseer en jou deur skuldgevoelens oorweldig laat voel. God sê egter: ‘Ek het genade vir die foute wat jy maak. Staan op en probeer weer. Jou toekoms is blinker as jou verlede’ (sien verse 4-10). Die Bybel sê dat ons God se handewerk is. Dit beteken dat ons nie gemiddeld is nie. Ons is uniek. Ons is ‘n oorspronklike skepping. Ons is enig in ons soort. Dis hoe God jou sien. Dis hoe Hy wil hê jy jouself moet begin sien. Die Psalmdigter het dit as volg gestel: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Kosbaar is u gedagtes vir my, o God! Hoe onmeetlik is die totaal! As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels! Wanneer ek daarmee klaar is, sal U nog by my wees’ (Psalm 139:16-18 NLV).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min