Woord vir Vandag - 21 Des 2025

Loading player...
“…jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Johannes 2:10 NLV

God kan sy plan vir jou lewe versnel

Jesus se eerste wonderwerk was om by ‘n bruilof water in wyn te verander. Daar was ses klipkanne wat elkeen ongeveer 100 liter kon hou. ‘Jesus sê toe vir die kelners: ‘Maak die kanne vol water!’… Toe sê Jesus ook nog vir hulle: ‘Skep nou daarvan uit en vat dit vir die seremoniemeester.’ Hulle het dit gedoen… Die seremoniemeester sê toe vir die bruidegom: ‘Elke gasheer sit volgens gebruik eers die goeie wyn voor, en wanneer die gaste nie meer so goed kan onderskei nie, die swakker gehalte; jy het egter die goeie wyn tot nou toe teruggehou’’ (verse 7-10 NLV). Weet jy hoe lank neem dit om wyn te maak? Eers word steggies geplant en dan neem dit verskeie jare vir die wingerdstokke om geskikte druiwe voort te bring. Die druiwe word dan gepluk en geprosesseer om die wyn te maak. Dit neem dikwels drie tot vyf jaar voor die eerste wyn gereed is om gebottel te word. Wyn van ‘n beter kwaliteit neem vyf tot sewe jaar om gemaak te word. Mense beskou wyn wat twintig tot dertig jaar oud is, as die beste wyn. Jesus het in ‘n oomblik dit wat normaalweg dekades neem om te produseer, gemaak. Indien jy dus besorg is dat jy nie genoeg tyd het om jou doelwitte te bereik nie, onthou dat Jesus dit wat gewoonlik jare neem, in ‘n oomblik kan doen. Miskien sal dit jou tipies twintig jaar neem om jou verband af te betaal, of tien jaar om jou besigheid op te bou. God se guns kan die tydlyn egter met jare verminder. Hy verander steeds water in wyn. Skep moed, die God wat ons dien weet hoe om natuurlike wette te versnel. Hy kan jou verder en vinniger laat beweeg as wat jy jou ooit kon indink.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min