Woord vir Vandag - 20 Des 2025

Loading player...
“Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.” Psalm 91:11 NLV

Engele waak oor jou

‘n Universiteitsprofessor het een keer ‘n groep studente na China vergesel. ‘n Paar dae na die aanvang van die reis het die professor ondenkbare maagpyn begin ervaar en is per ambulans na ‘n plaaslike kliniek gehaas. Dit was ‘n klein dorpie en die mediese personeellid in beheer van die kliniek het besef dat die professor se blindederm gebars het. Gif het deur sy hele liggaam versprei, maar aangesien daar geen chirurg by die kliniek was nie, was daar nie veel wat hulle vir hom kon doen nie. Die professor het stuiptrekkings begin kry en sy bewussyn begin verloor. Terug by die huis in Amerika het die professor se pa, ‘n pastoor, tydens ‘n kerkdiens ‘n buitengewone besorgdheid oor sy seun begin voel. Hy het vir die gemeente gesê: ‘Ons moet gou stop en vir my seun bid. Iets is verkeerd.’ Dit was twee-uur die oggend in China toe een van die bekendste chirurge in die land die kliniek skielik binnestap - die einste chirurg wat saam met die Amerikaanse president reis wanneer hy China besoek. Die personeel was verbaas om hom te sien. ‘Ek is hier om na die Amerikaner om te sien,’ het die chirurg gesê. Hy het die operasie op die professor uitgevoer en sy lewe gered. Die volgende dag het die chirurg vir die professor gevra: ‘Wie is daardie twee mans wat jy gister na my kantoor gestuur het?’ Die professor het geantwoord: ‘Ek het niemand na jou gestuur nie. Ek ken niemand hier in China nie.’ Die chirurg het gesê: ‘Dis vreemd, want hulle het gesê jy is ‘n baie belangrike persoon en dat ek hiernatoe moet kom om jou te opereer.’ God se Woord sê: ‘Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm.’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min