Woord vir Vandag - 18 Des 2025

Loading player...
“Dan gee God daaraan ‘n nuwe liggaam – presies soos Hy dit bepaal het…” 1 Korintiërs 15:38 NLV

Jou nuwe opstandingsliggaam (1)

Benjamin Franklin, wat ‘n drukpers besit het, het vir homself ‘n grafskrif geskryf. Alhoewel dit nooit op sy grafsteen verskyn het nie, is dit deur die geskiedenis as gevolg van die wysheid daarvan oorgelewer. ‘Die liggaam van Benjamin Franklin, drukker; (soos die omslag van ‘n ou boek, die inhoud uitgeskeur en van sy letters en vergulding gestroop), lê hier, voedsel vir wurms. Hierdie werk sal egter nie verlore gaan nie, want dit sal, so het hy geglo, weer in ‘n nuwe en meer elegante uitgawe, hersien en reggestel deur die outeur, te voorskyn kom.’ Wat ‘n wonderlike manier om te beskryf wat eendag met ons gaan gebeur. Die apostel Paulus het sade as metafoor gebruik: ‘Nou kan iemand vra: ‘Hoe sal die dooies wees wanneer hulle opgewek word? Watter soort liggame sal hulle hê?’ Jou dom vraesteller, as jy saad in die grond sit, ontkiem dit tog nie tot nuwe lewe as dit nie eers self doodgegaan het nie. Wat jy in die grond sit, is nie die plant wat gaan groei nie, maar bloot ‘n droë koringkorreltjie of watter ander saad jy ook al plant. Dan gee God daaraan ‘n nuwe liggaam – presies soos Hy dit bepaal het…’ (verse 35-38 NLV). ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Wanneer jy in jou tuin plant, saai jy dalk ‘n mieliepit in die grond. Wanneer dit ontkiem, is dit steeds ‘n mielieplant; dit is in wese dieselfde as die pit wat gesaai is. Wat egter uit die grond kom, is nie die pit nie. Dis die hele plant. Dis baie groter, baie beter en baie indrukwekkender.’ Jou nuwe opstandingsliggaam sal verhewe teenoor jou ou liggaam wees net soos die plant teenoor die saad verhewe is; dit sal ‘n liggaam wees wat spesifiek vir die ewige lewe ontwerp is.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min