Woord vir Vandag - 17 Des 2025

Loading player...
“…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak.” Johannes 14:2 NLV

Dink aan jou hemelse woning

Die Bybel praat meer as vyfhonderd keer oor die hemel en verskaf detail van ons ewige tuiste. Kort voordat Hy na die hemel vertrek het, het Jesus sy dissipels bemoedig deur te sê: ‘In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers… Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (verse 2-3 NLV). Die Griekse woord wat in vers 2 as ‘plek’ vertaal word, is ‘topos,’ wat na ‘n spesifieke plek verwys. Die Hemel is ‘n werklike, fisiese plek, waar ons eendag saam met Jesus en ons verloste geliefdes sal woon. God het in elkeen van ons se harte ‘n honger na die hemel geplaas (sien Prediker 3:11). Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Franklin Roosevelt dit moeilik gevind om weens sy fisiese gestremdheid tussen die troepe te reis, dus het sy vrou, Eleanor, sy plek ingeneem. Die soldate was mal oor haar. Sy het as die president se oë en ore gedien. Op een reis het sy ‘n aand saam met ‘n groep soldate deurgebring en daarna vir haar man gesê dat hulle net op een gedagte fokus - die verlange om die geveg te voltooi sodat hulle huis toe kon gaan. Dit is hoe God se verloste kinders oor die hemel voel. Ons is op planeet Aarde ontplooi, maar ons opdrag is slegs tydelik. Die Psalmdigter het gesê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe’ (Psalm 23:6 NLV). Dis ons verwagting – om vir ewig in die huis van die Here te woon.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min