Woord vir Vandag - 16 Des 2025

Loading player...
“...Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak.” Matteus 14:14 NLV

Bid vir God om jou te genees

As jy wonder: ‘Hoe kan ek seker wees dat God gewillig is om my gesond te maak?’ lees dan die volgende: ‘’n Melaatse man het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: ‘As U wil, kan U my gesond maak.’ Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: ‘Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ Net daar het die melaatsheid verdwyn – die man was gesond… Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring…’ (Markus 1:40-42, 45 NLV). Nie net is God gewillig om ons te genees nie, Hy reageer met deernis op ons siekte en lyding. ‘Toe Jesus dit hoor, het Hy in ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n afgeleë plek om alleen te wees. Maar die skare het dit uitgevind en vanuit hulle dorpe oorland agter Hom aan gekom. Toe Jesus uit die skuit klim, sien Hy dat daar reeds ‘n massa mense bymekaar was. Hy het ‘n diepe deernis vir hulle gevoel en hulle siekes gesond gemaak’ (Matteus 14:13-14 NLV). ‘Twee blindes wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus daarlangs verbygaan. Hulle roep toe aanhoudend: ‘Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!’… Jesus het gaan staan en hulle laat roep. ‘Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?’ vra Hy vir hulle. Hulle het gesê: ‘Here, ons wil sien!’ Daarop het Jesus hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien, en hulle het agter Hom aan gegaan’ (Matteus 20:30, 32-34 NLV). Het Christus se krag afgeneem? Nee. Het Hy vandag minder medelye teenoor sy verloste kinders as wat Hy destyds vir die menigte gehad het? Nee. Kom dus met vertroue na Hom toe, bid en glo Hom vir jou genesing.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min