Woord vir Vandag - 13 Des 2025

Loading player...
“Geniet die lewe met die vrou vir wie jy lief is… Sy sal jou troos wees…” Prediker 9:9 DB

Die rolle in die huwelik

Hier is ‘n illustrasie van die verskillende rolle in die huwelik: ‘n Man se werk is soos die van ‘n termostaat, wat die temperatuur in die huis handhaaf. Die vrou se werk is soos dié van ‘n termometer, om ‘n temperatuurlesing te gee. Die lesing van die termometer moet die verstelling van die termostaat aandui. As ‘n man ‘n warm vrou wil hê, kan hy nie ysige weer huis toe bring nie. Hier is nog ‘n illustrasie van die twee verskillende rolle in die huwelik: Vir wingerdstokke om vrugbaar te wees, moet hul takke opgelig word, daarom bind wingerdboere hulle aan ‘n paal vir ondersteuning vas. Indien dit nie gedoen word nie, word die wingerdstok te swaar soos die druiwe volwasse word en groei en begin dit op die grond sleep. Die paal hou die druiwe van die grond af en help hulle om die volle voordeel van die son te ontvang. Na ‘n rukkie begin die takke langs die paal waar hulle vasgemaak is, versprei. Omdat hulle deur die paal ondersteun word, is hulle vry om te klim en te versprei. Wanneer ‘n man dus stabiliteit in die huis verskaf, laat dit die vrou veilig en versorg voel. Sy is dan vry om te floreer, te groei en vrugbaar te wees. Salomo sê: ‘Geniet die lewe met die vrou vir wie jy lief is. Geniet haar elke dag in die sinlose lewe wat jou gegun is. Sy sal jou troos wees…’ Die tyd, liefde en aandag wat jy in jou vrou belê, bring ‘n beloning van groot seën, tevredenheid en vervulling mee. Wanneer jy jou deel doen, kan jy op God staat maak om sy deel te doen.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min