Woord vir Vandag - 12 Des 2025

Loading player...
“U is goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek.” Psalm 86:5 NLV

‘n Gebed van verlossing van skuldgevoelens

‘Hemelse Vader, alhoewel ek berou getoon het en opreg spyt is oor my dade, pynig die skuld van my sonde my voortdurend. Die las daarvan is te swaar vir my om langer te dra, daarom wend ek my tot U vir verlossing. U Woord sê dat U gereed is om my te vergewe (sien Nehemia 9:17), en dat u oorvloedige genade het vir diegene wat na U roep (sien Jesaja 55:7). Die probleem is dat ek dit moeilik vind om u vergifnis te aanvaar en myself van die berou oor my sondes te bevry. Help my om u belofte te verstaan en te ontvang: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). U sê in u Woord: ‘Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat hulle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en dink nie weer daaraan nie’ (Jesaja 43:25 NLV). Deur krag uit die mag van u Gees te put, kies ek om nie langer toe te laat dat gedagtes van skuld en veroordeling die vrede en vreugde wat U bied, van my steel nie. Ek staan op u Woord wat sê: ‘So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons van ons oortredings’ (Psalm 103:12 NLV). U het gesê: ‘…Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie’ (Hebreërs 10:17 NLV). Aangesien U gekies het om dit nie te onthou nie, help my om daarvan te vergeet en op te hou om daaroor te tob. Van vandag af begin ek verklaar: ‘…die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van alle sonde’ (1 Johannes 1:7 NLV).’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min