Woord vir Vandag - 11 Des 2025

Loading player...
“…Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’” Handelinge 20:35 NLV

Help die armes

Toe die Britse Eerste Minister, William Gladstone, een van die grootste krisisse van sy politieke lewe in die gesig gestaar het, het hy een oggend om twee-uur gaan sit om die toespraak te skryf wat hy gehoop het hom sou help om die volgende dag ‘n politieke oorwinning in die Parlement te behaal. Kort daarna het die moeder van ‘n sterwende kind die lig in sy huis sien brand en aan sy deur geklop. Sy het hom gevra om ‘n boodskap van hoop en bemoediging aan haar seun te bring. Sonder aarseling het Gladstone sy halfvoltooide toespraak op sy lessenaar gelos, die res van die nag saam met die kind deurgebring en hom na Christus gelei voordat hy gesterf het. Toe die oggendlig begin breek, het hy teruggegaan na sy studeerkamer en sy eie dag met ‘n glimlag van vertroue, vrede en krag aangepak. Hy het later daardie oggend vir ‘n vriend gesê: ‘Ek is vandag die gelukkigste man in die wêreld.’ Toe hy gevra is hoekom, het hy geantwoord dat hy die vorige aand toegelaat is om ‘n kind in die naam van sy Meester te dien. Later daardie dag het Gladstone die toespraak, wat baie as die grootste toespraak van sy lewe beskou het, gelewer. Gladstone se saak het geseëvier. Was die twee gebeure verwant? Gladstone was oortuig daarvan. Voor Paulus die leiers van die kerk in Efese vir die laaste keer verlaat het, het hy vir hulle gesê: ‘In alles het ek vir julle ‘n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min