Woord vir Vandag - 10 Des 2025

Loading player...
“…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.” 1 Samuel 16:7 NLV

Karakter is wat saak maak

Hier is ‘n beskrywing van Saul, Israel se eerste koning: ‘…Saul was baie aantreklik, meer as enigiemand anders in Israel…’ (1 Samuel 9:2 NLV). Sy voorkoms kon egter nie vir sy gebrek aan karakter vergoed nie en hy het voortydig in skaamte en nederlaag gesterf. Toe Samuel, die profeet, na Isai se huis toe gegaan het om een van sy seuns as Israel se volgende koning te salf, het God gesê: ‘…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.’ Baie jare gelede is ‘n seun in Rusland gebore wat homself so lelik geag het, dat hy seker was dat daar geen geluk vir hom in die lewe sou wees nie. Hy het gekla oor die feit dat hy ‘n wye neus, dik lippe, klein grys oë en groot hande en voete gehad het. Hy was so ontsteld oor sy voorkoms dat hy God gevra het vir ‘n wonderwerk om hom in ‘n aantreklike man te verander. Hy het belowe dat as God dit sou doen, Hy Hom alles sou gee wat hy besit. Daardie seun was Leo Tolstoi, wat een van die wêreld se voorste skrywers geword het. Hy is veral vir sy epiese boek, War and Peace, bekend. In sy boeke erken hy dat hy deur die jare ontdek het dat die skoonheid en fisiese voorkoms wat hy eens begeer het, nie die enigste skoonheid in die lewe is nie - en dat dit nie die beste soort skoonheid is nie. In plaas daarvan het Tolstoi besef dat die skoonheid van ‘n sterk karakter die beste in God se oë is. Karakter is nie ‘n kwessie van geld of voorkoms nie, maar om te doen wat reg is en op te staan vir dit wat reg is, ongeag geld of voorkoms.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min