Woord vir Vandag - 9 Des 2025

Loading player...
“…julle [moet] mekaar in liefde koester…” Romeine 12:10 NLV

Versterk jou huwelik (2)

Hier is nog vyf verhoudingslesse deur Jon Gordon: ‘1) Hoe liewer ek my vrou het, hoe liewer is ek vir die lewe. Dit gaan nie oor wat sy vir my doen nie. Dit gaan daaroor om die besluit te neem om onselfsugtig te wees, haar lief te hê, haar te dien en daar vir haar te wees. Wanneer ek dit doen, word ons albei beter. 2) Moedig aan in plaas van meeding. Baie paartjies raak jaloers wanneer hul eggenoot sukses geniet, eerder as om hulle aan te moedig. Wanneer julle mekaar ondersteun en aanmoedig, groei julle individueel en versterk julle jul span. 3) Moenie opgee nie. Soms is die huwelik wonderlik; soms nie. Te veel mense gee op en dink die gras is elders groener. Dit is nie. Plant jouself, koester julle verhouding, belê tyd en energie in jou eggenoot en julle sal groei tot wie julle bedoel is om te wees. Die huwelik is waar julle leer om te gee, te neem en kompromieë aan te gaan, waar julle aan julle individuele probleme werk en saam genesing vind. 4) Deel ‘n missie. Ek en my vrou het gevoel dat ons missie is om kampioene groot te maak wat ‘n verskil in die wêreld sal maak. Ons is nie perfekte ouers nie, ons het foute gemaak, maar ons missie het ons geïnspireer om ons beste te gee - veral die afgelope jaar met twee tieners in die huis. 5) Nooi God in jou huwelik in. Jare gelede, toe ons ‘n moeilike tyd beleef het, het iemand vir my vertel hoe hy en sy vrou elke aand saam bid. Ek het God gevra wat ons gebed moet wees. Sedertdien het ons dit elke aand gebid. Dit het ‘n verskil gemaak wat tot vergifnis, genesing en groei lei.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min