Woord vir Vandag - 8 Des 2025

Loading player...
“…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.” Romeine 12:10 NLV

Versterk jou huwelik (1)

Maak nie saak hoe goed jou huwelik is nie, jy kan dit altyd verbeter. Jon Gordon skryf: ‘Ek en my vrou het so pas ons agtiende huweliksherdenking gevier. Ons het baie geleer en gegroei in hierdie tyd. Ek deel graag ‘n paar van ons verhoudingslesse: 1) Maak wyse besluite. Een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal neem, is met wie jy trou. Wanneer ek terugkyk, is daar geen manier waarop ek die lewe sonder my vrou kon aanpak nie. Haar liefde, ondersteuning, geloof en aanmoediging het my krag gegee. Sy het in my geglo toe niemand anders dit gedoen het nie. 2) Wees bereid om te verbeter en te groei. Vroeg in ons huwelik was ons verhouding nie baie goed nie. Ek was jonk, selfsugtig en nogal negatief. Eendag het my vrou genoeg gehad: ‘Ek is lief vir jou, maar ek gaan nie my lewe saam met iemand wat my ellendig laat voel, deurbring nie.’ Ek het na myself gekyk en besef dat sy reg was. Dus was ek bereid om te verander en ‘n positiewe invloed op my vrou, my kinders en ander te word. 3) Kommunikeer. Kommunikeer. Kommunikeer! Die meeste verhoudings verbrokkel as gevolg van swak kommunikasie. Ons het oor die jare meningsverskille gehad, maar ons het altyd met mekaar gekommunikeer en dit het ons toegelaat om saam sterker te groei. 4) Erken wanneer jy verkeerd is. Ek was al baie keer verkeerd en het dit erken. Ek het ook al erken dat ek verkeerd is, selfs al het ek nie gedink dat ek verkeerd is nie. Ek het geweet dat dit my vrou pla en dit was belangriker om haar geliefd te laat voel as vir my om reg te wees. Dit verg volwassenheid en ‘n bereidwilligheid om meer op jou gade as op jou ego te fokus.’
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min