Woord vir Vandag - 8 Des 2025
Loading player...
“…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.” Romeine 12:10 NLV
Versterk jou huwelik (1)
Maak nie saak hoe goed jou huwelik is nie, jy kan dit altyd verbeter. Jon Gordon skryf: ‘Ek en my vrou het so pas ons agtiende huweliksherdenking gevier. Ons het baie geleer en gegroei in hierdie tyd. Ek deel graag ‘n paar van ons verhoudingslesse: 1) Maak wyse besluite. Een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal neem, is met wie jy trou. Wanneer ek terugkyk, is daar geen manier waarop ek die lewe sonder my vrou kon aanpak nie. Haar liefde, ondersteuning, geloof en aanmoediging het my krag gegee. Sy het in my geglo toe niemand anders dit gedoen het nie. 2) Wees bereid om te verbeter en te groei. Vroeg in ons huwelik was ons verhouding nie baie goed nie. Ek was jonk, selfsugtig en nogal negatief. Eendag het my vrou genoeg gehad: ‘Ek is lief vir jou, maar ek gaan nie my lewe saam met iemand wat my ellendig laat voel, deurbring nie.’ Ek het na myself gekyk en besef dat sy reg was. Dus was ek bereid om te verander en ‘n positiewe invloed op my vrou, my kinders en ander te word. 3) Kommunikeer. Kommunikeer. Kommunikeer! Die meeste verhoudings verbrokkel as gevolg van swak kommunikasie. Ons het oor die jare meningsverskille gehad, maar ons het altyd met mekaar gekommunikeer en dit het ons toegelaat om saam sterker te groei. 4) Erken wanneer jy verkeerd is. Ek was al baie keer verkeerd en het dit erken. Ek het ook al erken dat ek verkeerd is, selfs al het ek nie gedink dat ek verkeerd is nie. Ek het geweet dat dit my vrou pla en dit was belangriker om haar geliefd te laat voel as vir my om reg te wees. Dit verg volwassenheid en ‘n bereidwilligheid om meer op jou gade as op jou ego te fokus.’