Woord vir Vandag - 7 Des 2025

Loading player...
“...Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV

Jou pad is vir jou voorberei

Die woord ‘voorberei’ word van ‘n antieke gebruik om dienaars voor ‘n koning uit te stuur om dinge vir sy aankoms gereed te maak, afgelei. Die Koning van Konings gaan egter voor sy dienaars uit en berei die pad vir ons voor. Ons weet dit nie vooraf nie, daarom moet ons ons vrese oorkom, in geloof uittree en Hom volg. Soos ons op ons pad terugkyk, kan ons sê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe…’ (Psalm 23:6 NLV). Let die woorde in Efesiërs 2:10 (NLV) op: ‘die goeie werke wat Hy vir ons bestem het’. Wanneer jy God volg, loop jy op ‘n pad wat vir jou voorberei is. Dis belangrik om dit in gedagte te hou. Wanneer jy jouself in moeilike omstandighede bevind, moet jy weet dat God jou treë rig (sien Psalm 37:23). Jy het hierdie versekering, omdat jy weet dat God elke gebeurlikheid in jou lewe oorweeg het en dat Hy altyd jou beste belange op die hart dra. Die Psalmdigter Dawid het geskryf: ‘Here, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan. U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, Here, weet U al wat ek gaan sê… U hand van seën is op my. Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!’ (Psalm 139:1-6 NLV). As Dawid, wat God ‘n man na sy hart genoem het (sien Handelinge 13:22), dit nie kon begryp nie, sal jy ook nie kan nie. God verwag egter nie van jou om Hom uit te pluis nie; Hy vra slegs dat jy Hom moet vertrou.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min