Woord vir Vandag - 6 Des 2025

Loading player...
“Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie.” Psalm 101:4 DB

Wees versigtig waarna jy kyk

As tiener het Megan net betyds van die skool af gekom om ‘n uur se sepies te kyk voordat sy met haar huiswerk moes begin. Sy het die ontsnapping geniet en was nie daarvan bewus dat die programme seksuele nuuskierigheid in haar aangewakker het nie. Na jare se blootstelling aan hierdie sepies het haar perspektief op die lewe ‘n verandering ondergaan. Sy het begin dink: ‘Verhoudings hoef nie suiwer te wees nie. Trouens, die onsuiweres lyk meer opwindend. Getrouheid maak nie saak nie, solank ‘n persoon gelukkig is.’ As universiteitstudent het Megan dit maklik gevind om rond te slaap. Nadat ‘n kort huwelik rampspoedig as gevolg van haar ontrouheid geëindig het, het sy by ‘n berader aangeklop. Aanvanklik was dit moeilik vir die berader om te verstaan waarom Megan by buite-egtelike verhoudings betrokke raak. Sy was ‘n voorbeeldige tiener in terme van haar openbare gedrag by die huis, kerk en skool. Uiteindelik het die berader die bron van die versoeking wat Megan gedryf het om aan haar sogenaamde verborge lewe deel te neem, ontdek. Wat jy op televisie en die internet kyk, word deel van jou geheuebank. Jy bêre beelde op lêer wat Satan teen jou sal gebruik. Dawid se verhouding met Batseba het met ‘n verkeerde kyk begin en uiteindelik op ‘n tragedie uitgeloop. Later het Dawid geskryf: ‘Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees. Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie… Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie… Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my…’ (verse 2-4, 6 DB).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min