Woord vir Vandag - 4 Des 2025

Loading player...
“…wees altyd gou om te luister...” Jakobus 1:19 NLV

Word ‘n beter luisteraar

Wanneer jy die tyd neem om na iemand anders te luister, gee jy nie net vir hulle ‘n geskenk nie, maar ook een vir jouself. Dr Juli Slattery merk op: ‘Almal is tot goeie luisteraars aangetrokke. Miskien is die kragtigste manier om die evangelie te deel, jou huwelik te red en vriende te maak, deur werklik te luister. Ons voel geliefd wanneer mense die tyd neem om na ons storie te luister en insiggewende vrae te vra. Hier is drie maniere om ‘n beter luisteraar te word: 1) Wees nuuskierig. Elke persoon wat jy ontmoet, is interessant. Oppervlakkig gesproke praat hulle dalk oor iets waarvoor jy nie omgee nie, maar daar is iewers ‘n interessante storie as jy die tyd neem om daarvoor te delf. Vir my is die eerste stap om aandagtig te luister en iets te vind om oor nuuskierig te wees. Na ‘n huwelik van 20 jaar wil ek steeds nuuskierig oor my man wees. Ek wil weet wat God hom leer, waarna hy uitsien en wat hom vandag laat lag het. 2) Behou oogkontak. Ons kyk na iemand se oë om te bepaal of hulle aandagtig luister. Ons betoon respek aan ons kinders, eggenote, vriende en selfs vreemdelinge wanneer ons met aandag op hulle fokus. 3) Gaan verder as die woorde wat jy hoor. Ons kommunikeer slegs ‘n gedeelte van dit wat ons wil uitdruk deur woorde. Die res word deur lyftaal, stemtoon en selfs stilte uitgedruk.’ ‘Dit is net ‘n dom mens wat dink dat hy alleen reg is, wat dink dat hy alleen oor die waarheid beskik. ‘n Wyse mens luister graag na ander se raad’ (Spreuke 12:15 DB). Jy mag dalk van die klank van jou eie stem hou, maar jy word wys deur te leer om te luister.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min