Woord vir Vandag - 3 Des 2025

Loading player...
“…Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.” Filippense 4:7 NLV

Vrede wat die verstand te bowe gaan

Maak nie saak waarmee jy sukkel nie, dis goed om te onthou: ‘Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas.’ Lorie Newman skryf: ‘Ek het daardie vrede ontvang toe my man sy werk verloor het. Ons moes nou met net een inkomste ons sewe kinders grootmaak en ons verband en rekeninge betaal. Sal ons ons huis verloor? Hoe kan ons ons groot gesin voed? Hierdie vrae het my gedagtes soos verstikkende rook vertroebel. Te midde van hierdie emosies het God egter lewe in my bekommerde hart gespreek. Werkloosheid was vir byna twee jaar ons werklikheid. Die waarheid van God se Woord het egter dag vir dag, stap vir stap, die wanhoop begin oorskadu en ek het ongelooflike vrede gehad! God se Woord het soos nog nooit tevore lewendig geword nie, terwyl ek deur die onstuimige waters van daardie rowwe seisoen van die lewe gevaar het. Ek het voorheen gelees dat God my voorsiener is, maar ek het Hom as my voorsiener begin ken en ervaar! Wat ‘n tyd van verskriklike stres moes gewees het, het ‘n plek van vrede geword.’ Wanneer probleme opduik, is ons natuurlike neiging om paniekerig te raak. Wanneer ons dit doen, maak ons die deur vir die Vyand oop om ons van die pad af te stoot en ons te vikitimiseer. Neem hierdie woorde van Jesus ter harte: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie’ (Johannes 14:27 NLV).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min