Woord vir Vandag - 2 Des 2025

Loading player...
“Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek.” Efesiërs 4:31 NLV

Jou emosies maak vir God saak (2)

Net soos Jesus, is ons na die beeld van ‘n God wat emosies het, geskape. Nie die Vader of die Seun was bang of verleë om diep te voel nie en ons moet ook nie wees nie. In die Skrif lees ons dat God se hart oor sy eiesinnige kinders gebreek het (sien Hosea 11:8-9). Jesus het openlik by die graf van sy dierbare vriend, Lasarus, gehuil (sien Johannes 11:35). Hy was woedend oor die smouse wat die aanbidders by die tempel verkul het (sien Lukas 19:45-46). God wil hê dat ons ons emosies moet erken, hulle boodskap moet verstaan en Hom moet raadpleeg om hulle tot sy eer en tot die voordeel van ander te gebruik. Die Psalmdigter het dikwels sy emosies voor God gebring. In Psalm 22:2 (NLV) het hy uitgeroep: ‘My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver as ek roep om hulp, so ver om my versugtinge te hoor?’ Dink hoe hy moes gevoel het om hierdie woorde te sê: intense vrees, paniek, verwarring, teleurstelling en verraad. Let egter op wat hy met sy emosies gedoen het. Hy het hulle na God toe geneem, Hom persoonlik aangespreek en vir sy hulp gevra: ‘Moenie ver van my af bly nie, want ellendes kom en daar is geen helper nie’ (vers 12 NLV). Dawid se benadering was dapper en hy het die hulp wat hy nodig gehad het, ontvang: ‘Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp’ (vers 25 NLV). Wanneer jy jou emosies na God toe bring, sal jy die volgende vind: ‘…Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd’ (vers 27 NLV).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min