Woord vir Vandag - 2 Des 2025

Loading player...
“Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek.” Efesiërs 4:31 NLV

Jou emosies maak vir God saak (2)

Net soos Jesus, is ons na die beeld van ‘n God wat emosies het, geskape. Nie die Vader of die Seun was bang of verleë om diep te voel nie en ons moet ook nie wees nie. In die Skrif lees ons dat God se hart oor sy eiesinnige kinders gebreek het (sien Hosea 11:8-9). Jesus het openlik by die graf van sy dierbare vriend, Lasarus, gehuil (sien Johannes 11:35). Hy was woedend oor die smouse wat die aanbidders by die tempel verkul het (sien Lukas 19:45-46). God wil hê dat ons ons emosies moet erken, hulle boodskap moet verstaan en Hom moet raadpleeg om hulle tot sy eer en tot die voordeel van ander te gebruik. Die Psalmdigter het dikwels sy emosies voor God gebring. In Psalm 22:2 (NLV) het hy uitgeroep: ‘My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver as ek roep om hulp, so ver om my versugtinge te hoor?’ Dink hoe hy moes gevoel het om hierdie woorde te sê: intense vrees, paniek, verwarring, teleurstelling en verraad. Let egter op wat hy met sy emosies gedoen het. Hy het hulle na God toe geneem, Hom persoonlik aangespreek en vir sy hulp gevra: ‘Moenie ver van my af bly nie, want ellendes kom en daar is geen helper nie’ (vers 12 NLV). Dawid se benadering was dapper en hy het die hulp wat hy nodig gehad het, ontvang: ‘Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp’ (vers 25 NLV). Wanneer jy jou emosies na God toe bring, sal jy die volgende vind: ‘…Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd’ (vers 27 NLV).
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 2025 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 2025 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2025 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2025 2 min