Woord vir Vandag - 1 Des 2025

Loading player...
“Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel…” Hebreërs 4:15 NLV

Jou emosies maak vir God saak (1)

Ons almal het emosies. Sommige daarvan geniet ons, ander verduur ons. Hoe sê God egter moet ons hulle hanteer? ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees’ (Jakobus 1:2 NLV). ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek’ (Efesiërs 4:31 NLV). ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig’ (1 Petrus 3:8 NLV). God het vir ons aangewese tye om te huil, te lag, te treur, lief te hê - en selfs te haat - vasgestel (sien Prediker 3:1-8). Vereis Hy van ons dat ons al ons emosies onmiddellik en volledig moet beheer? Nee. Hy maak Homself beskikbaar om ons harte en karakter te transformeer, sodat ons ons emosies op maniere wat Hom verheerlik, kan bestuur. Eerder as om ‘n handleiding oor emosionele selfbestuur te verskaf, troos, bemoedig, oortuig en heroriënteer Hy ons deur ons geduldig uit te nooi om die volgende te doen: ‘Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om’ (1 Petrus 5:7 NLV). Selfs pynlike emosies kan geleenthede om ‘n dieper verhouding met ons hemelse Vader te ontwikkel, skep. Dit help ook om te onthou dat ons na die beeld van ‘n emosionele God geskape is. Sy Woord dui aan dat Hy ons emosies as fundamenteel goed beskou. Selfs woede, ‘n emosie wat algemeen as neerhalend beskou word, kan Hom verheerlik wanneer dit op onselfsugtige maniere hanteer word. Dit gaan nie oor wat ons voel nie, maar oor hoe ons daardie gevoelens hanteer. God kan ons die genade gee om enige emosie in ‘n eienskap wat Hom verheerlik, te verander.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min