
NamPol waarsku oor taxi-gebruikers wat beroof word
Loading player...
Taxi-gebruikers wat beroof en ontvoer word is in die nuus. NamPol sê dat daar tot op hede agt sake geregistreer is, veral in Windhoek en Oshakati, met dieselfde werkwyse. Voertuie met vals registrasienommers word valslik as taxi's gebruik om slagoffers te lok. Daar is Dinsdag drie verdagtes in Windhoek in hegtenis geneem, met die meesterbreine agter die vermeende sindikate, wat nog op vrye voet is. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, vra die publiek se hulp om hulle vas te trek.

