Woord vir Vandag - 27 Nov 2025

Loading player...
“Daarom… is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan…” Romeine 8:12 NLV

‘n Gebed vir verlossing van verslawing

‘Hemelse Vader, u Woord sê: ‘Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat die dooie Jesus opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. Daarom… is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle onder die invloed van die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe’ (verse 11-13 NLV). Ek is moeg daarvoor om met hierdie gewoonte te sukkel en erken dat ek magteloos daaroor is. Ek maak dus nou ‘n belofte om my wil aan u oor te gee. Gee my die krag om nie net nee vir Satan se versoeking te sê nie, maar om ‘n sterker ja vir U en u plan vir my lewe te sê. U ken die leemte wat ek probeer vul. Neem asseblief my begeerte aan hierdie gewoonte weg en help my om die drang daarna te weerstaan. Leer my om dag na dag in oorwinning te stap, in plaas daarvan om te dink dat ek die probleem dadelik kan oplos. U Woord sê dat as die Seun my vrymaak, sal ek waarlik vry wees (sien Johannes 8:36). U Woord sê dat ek deur Hom wat my liefhet, meer as ‘n oorwinnaar kan wees (sien Romeine 8:37) U Woord sê: ‘Nee, soos ‘n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus ‘aantrek’, en nie ‘n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie’ (Romeine 13:14 NLV). Geklee in u teenwoordigheid en krag, sal ek elke dag in oorwinning oor hierdie gewoonte begin stap.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min