Woord vir Vandag - 26 Nov 2025

Loading player...
“Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.” Spreuke 27:17 NLV

Die voordele van ware vriendskap

Hier is vier voordele wat ware vriendskap meebring: Eerstens, ‘n ware vriend is iemand wat, wanneer jy voel dat jy ‘n gemors van dinge gemaak het en jouself verneder het, steeds in jou glo en jou gerusstel dat jy nie permanente skade aangerig het nie. Die Bybel sê: ‘Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ‘n vriend wees vir wie jy liewer is as vir jou eie broer’ (Spreuke 18:24 NLV). Tweedens, ‘n ware vriend is iemand wat daar is wanneer die goeie tye opraak. Die Verlore Seun het tot sy seer ontdek dat wanneer jou geld opraak, baie van jou sogenaamde vriende daarmee saam verdwyn. Derdens, ‘n ware vriend is iemand wat in jou pad staan as jy op ‘n afdraande pad is. Jakobus skryf: ‘My liewe broers en susters, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom laat terugdraai, weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word’ (Jakobus 5:19-20 NLV). Salomo skryf: ‘’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Die wonde van iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee’ (Spreuke 27:5-6 NLV). Vierdens, ‘n ware vriend is iemand wat instap wanneer die wêreld uitstap. Die Bybel sê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV). As jy sulke vriende in jou lewe het, koester hulle – hulle is ‘n gawe van God. Moet ook nie net neem nie, maar gee terug. Gaan uit jou pad uit om ‘n ware vriend vir iemand anders te wees.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min