Woord vir Vandag - 25 Nov 2025

Loading player...
“Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor” Psalm 40:2 NLV

Hoe om van die trapmeul af te klim

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n hamster op ‘n wieletjie hardloop? Die hamster kyk by sy glashok uit en sien vryheid, dus besluit hy om soontoe te hardloop. Na ‘n ruk kom hy egter agter dat hy nêrens kom nie, dus hardloop hy vinniger. Hy hardloop totdat hy uitgeput is en nie verder kan hardloop nie. Kan jy met die hamster identifiseer? Jy probeer al vir jare om ‘n gewoonte te breek, maar tog is jy vandag nog steeds op dieselfde plek, of selfs op ‘n erger plek. Jy het ‘n nuwejaarsvoorneme gemaak om jou slegte gewoontes te verbreek, of ‘n beter huwelik te hê, of fiks te word, of jou finansies te verbeter. Tog is jy steeds in dieselfde posisie. Hoekom? Omdat jy die verkeerde metode gebruik! Jy kan nie jouself verander nie. Die enigste manier waarop die hamster vryheid kan smaak, is as sy eienaar hom uit sy hok tel. Hy het iemand groter as hyself, met meer krag, nodig. Dawid het gesê: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (verse 2-4 NLV). Die manier om van die trapmeul af te klim is om na God te roep, en Hy sal jou vrymaak.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min