Woord vir Vandag - 24 Nov 2025

Loading player...
“As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.” Jakobus 1:25 NLV

‘n Verhouding gebaseer op reëls

Om hemel toe te gaan, word alleenlik op ‘n verhouding met Christus gebaseer; een waarin jy al jou vertroue in Hom plaas. Hierdie verhouding bevat ook reëls waarvolgens jy lewe en riglyne wat jou meer heilig maak. ‘n Tennisspeler kan nie tennis speel as daar geen basislyn is om hom of haar te laat weet of die bal in of uit is nie. ‘n Rugbyspeler kan nie rugby sonder ‘n doellyn speel nie. ‘n Sokkerspeler kan nie sokker sonder ‘n kantlyn speel nie. Jy kan nooit waarlik vry wees as daar nie beperkings is nie. ‘n Vis is byvoorbeeld nie vry om deur die oerwoud te wandel nie en ‘n leeu is nie vry om in die oseaan te woon nie. Hulle is nie daarvoor gemaak nie. Vryheid is om die voordele waarvoor jy geskep is, te ontvang. Vryheid beteken nie dat daar geen grense is nie. Vryheid in Christus beteken dat jy, binne die regte grense, in oorvloed kan lewe (sien Johannes 10:10). Jakobus skryf: ‘As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.’ Aan die bokant van die Statue of Liberty is ‘n kroon met sewe skerp punte wat die sewe seë en sewe kontinente uitbeeld. Die simboliek daaragter is dat jy na Amerika kan kom, maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Aan die onderkant van die standbeeld is ‘n gebreekte ketting, wat beteken dat jy na Amerika kan kom en vryheid kan vind. Wanneer jy egter na Amerika kom, moet jy instem om die reëls van die land te eerbiedig.
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min